Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Skryfsake | Writing matters

Deborah Steinmair: Hoe maak ’n mens tyd om te skryf?


Deborah Steinmair - 2010-02-11

Hoe vind ’n mens tyd om te skryf? Waar kry Jacob Zuma tyd om kinders te maak? As ’n mens vir iets in die wieg gelê is, knyp jy oomblikke af sonder om dit te beplan. Dit bekruip en oorval jou – by die robot (ongelukkig gewoonlik by die groen robot), in die bad, in die poskantoortou. Jy skryf maar heeldag in jou kop en soms word jy tot stilstand gedwing en kan jy ’n bietjie “download”.

 

<< Terug na die VraNet-blad <<