Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Asseblief meester


Johann de Lange - 2010-02-10

’n Vertaling van Allen Ginsberg se “Please Master” deur Johann de Lange

Asseblief meester mag ek aan u wang raak
Asseblief meester mag ek aan u voete kniel
Asseblief meester mag ek u blou broek losmaak
Asseblief meester mag ek na u goudbehaarde naeltjie staar
Asseblief meester mag ek sagkens u onderbroek aftrek
Asseblief meester mag ek u dye kaal voor my oë hou
Asseblief meester mag ek my klere onder u stoel uittrek
Asseblief meester mag ek u enkels en siel soen
Asseblief meester mag ek my lippe druk teen u gespierde haarlose dy
Asseblief meester mag ek my oor teen u maag druk
Asseblief meester mag ek my arms om u wit boude slaan
Asseblief meester mag ek u lieste met sagte blonde krulle lek
Asseblief meester mag ek my tong teen u rosige poephol druk
Asseblief meester mag ek my gesig onder u balle inwoel,
Asseblief meester, kyk asseblief in my oë,
Asseblief meester beveel my om op die vloer te lê,
Asseblief meester sê my om u dik skag te lek
Asseblief meester lê u growwe hande op my kaal, harige skedel
Asseblief meester druk my mond teen u hart-roede
Asseblief meester druk my gesig in u maag, trek my stadig met sterk duime
tot u stom hardheid my keel tot diep in my gorrel vul
tot ek u delikate vleiswarm beaarde pielstam sluk en proe Asseblief
Meester stoot my skouers terug en tuur in my oë, & laat my buk oor die tafel
Asseblief meester gryp my dye en lig my agterstewe op na u heupe
Asseblief meester u growwe handstreel oor my nek u palm op my kruis
Asseblief meester stoot my op, my voete op stoele, tot my hol die asem van u spoeg en die drukstreel van u duim kan voel
Asseblief meester maak my sê Asseblief meester Fok my nou Asseblief
Meester smeer my balle en harige kontmond met soet smeermiddels
Asseblief meester bestryk u skag met wit rome
Asseblief meester raak met u pielkop my verkreukelde self-hol aan
Asseblief meester stoot hom sagkens in, u elmboë om my bors geslaan
U arms wat afgly na my maag, my piel aanraak met u vingers
Asseblief meester stamp dit nog ’n entjie verder op, nog ’n entjie, nog ’n entjie,
Asseblief meester sink u ruwe ding diep in my agterent
& Asseblief meester maak dat ek my stert wikkel om die pielstam op te eet
tot my waaie u dye karnuffel, my rug vooroor gebuig
tot ek alleen uitstaan, u swaard polsend in my gesteek
Asseblief meester trek stadig uit en rol hom langsaam in die gleuf
Asseblief meester stamp dit weer weg, en trek uit tot die puntjie
asseblief asseblief meester fok my nogmaals met u self, fok my asseblief Asseblief
Meester dryf hom in tot dit my seermaak die sagtheid die
Sagtheid Asseblief meester gee my agterstewe u liefde, gee lyf aan die spil & naai my goed soos ’n goeie skoolmeisie,
Omhels my teergevoelig omhels my Asseblief meester ek gee myself vir u,
& du in my maag u einste soet hitsige roede
eensaam gepluk op u eie in Denver of Brooklyn of opgenaai in ’n meisie in Paryse parkeerterreine
Asseblief meester ry my u voertuig, liggaam van druppels liefde, sweetnaai
lyf van vertedering, Gee my u hondnaai vinniger
Asseblief meester laat my kreun op die tafel
Laat kreun O Asseblief meester fok my soos dit
in u ritme trillend-stamp en terugpluk wip & áfstoot
tot ek my hol ontspan ’n hond op die tafel wat kerm van angs en genot om liefde te voel
Asseblief meester noem my ’n hond, ’n hol-dier, ’n nat aarsgat
& naai my nog rowwer, my oë toe onder u palms om my skedel
& du af in ’n brutale harde sweepslag deur sagte drassige vlees
& pols vir vyf sekondes om u saadhitte uit te spuit
oor & oor, al rammende tot ek u naam uitroep ek is lief vir u
Asseblief meester.