Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA Uitgewers


2010-02-08


Nuut by LAPA Uitgewers
dié Februarie:

Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2, Rose vir Lismari, Bewaar ons planeet, Iets uit niets, In die mond van die wolf.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


 

 

Kategorie: Kookkuns
Formaat:
Sagteband 165 x 235 mm
ISBN:
9780799346053
Prys:
R150



Klik en koop

Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2
Skrywer: Marlo Cartsens

Vrouekeur se resepte was van die begin van die tydskrif se bestaan in 1999 ’n wegholsukses en is vandag nog net so gewild en in aanvraag as toe. Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2 is die langverwagte opvolg op Vinnig en Maklik: Resepte uit Vrouekeur, wat tot op hede 35 000 kopieë verkoop het. Hierdie boek is die resultaat van herhaalde versoeke van lesers.

Die sukses van Vroukeur se resepte lê in die eenvoud daarvan. Al die bestanddele is reeds in die spens, en al die resepte is vinnig en maklik, om ook vir die kok gesellige kuiertyd met geliefdes en vriende te verseker.

Marlo Carstens, Vrouekeur se kosredakteur sedert die eerste uitgawe in Oktober 1999 lig gesien het, is ma van twee woelige seuns en verstaan die eise van vrou en ma wees. Dis daarom dat haar resepte enige vrou – selfs dié wat sku is vir kosmaak – sal inspireer.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Vinnig en maklik: Resepte uit Vrouekeur 2 nou van Kalahari.net!


Kategorie:
Romanza
Formaat: Sagteband 107 x 170 mm
Bladsye:
200 pp
Prys:
R65*

*Sluit aan by die Romanza-klub en ontvang twee boeke per maand teen slegs R99,99.

Klik en koop


Rose vir Lismari
Skrywer: Vera Wolmarans

Hy bejammer haar. Beskou haar as ’n pateet. Praat agteraf oor haar. Lismari moet klou aan haar waardigheid nadat sy agtergekom het watter tweegatjakkals Constant Bothma is. Hoe kan hy haar verantwoordelik hou vir sy neef se welsyn?

Rose vir Lismari is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by Lapa Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Kategorie:
Jeug-niefiksie
Ouderdomsgroep:
11+
ISBN:
9780799345452

Klik en koop

Bewaar ons planeet
’n Gids tot die bewaring van ons wêreld
Skrywer: James Cracknell

Vertaal deur: Lydia du Plessis

Ons woon in 'n pragtige wêreld, maar dit verander en is kwesbaar en moet opgepas word. Wat kan ons doen om ons ongelooflike planeet te bewaar?

Bewaar ons planeet werp 'n omvattende blik op die lewe op aarde en wys hoe ons kan verseker dat ons omgewing vir toekomstige geslagte behoue bly.

Vind uit hoe klimaatsverandering die wêreld om ons beïnvloed en wat moontlik in die toekoms kan gebeur met die kos wat ons eet, die lug wat ons inasem en die grond waarop ons woon.

Dis 'n wonderlike wêreld – kom ons hou dit so!

Klik hier en koop jou eksemplaar van Bewaar ons planeet nou van Kalahari.net!

 

 

 

 

 

Kategorie:
Niefiksie
Formaat: Sagteband; 210 x 297 mm
ISBN:
9780799345469


Klik en koop


Iets uit niets
30 oulike projekte met weggooigoed
Skrywer: Renate Zipfel

Ons leef in ’n verbruikerskultuur waar kwessies rondom aardverwarming, organiese leefstyl en beperkte hulpbronne geïnterpreteer word as slegs "Wat gooi ek in watter blik?". Selfs hierdie herwinningsaksie het nog nie die verbruiker in Suid-Afrika aangespoor om deel van ’n globale "groen" aksie te wees nie.

Met Iets uit niets dink jy twee keer voor jy weggooi. Hierdie boek sal elkeen nooi om met nuwe, kreatiewe oë na sogenaamde "nietige" of "weggooi"-items te kyk.  Plastiek, papier, blik, glas en knope kry nuwe betekenis in jou huis met items soos fotorame, prettige handsakke, ‘n Franse badkamermat en vele meer. Nie net is dit mooi nie, maar niemand sal glo dat dit uit ou rommel gemaak is nie!

Elke projek word toegelig met volkleurfoto’s, die lys rommel en ekstra benodigdhede, stap-vir-stap-metodes, en illustrasies en patrone.

Iets uit niets sluit die volgende afdelings in:

  • Papier en karton: vrolike tafelmatjies, foto-penneboks, skinkbord, inkopieklampbord en lampskerm.
  • Plastiek: skoenlapper-tydskrifhouer, wynbottelsak, platehandsakke, sleutelhouer en verjaardagkalender.
  • Glas en keramiek: kaartjieboom, tafelliggies, mosaïekmuurhanger, antieke vaas en voëltjiebad.
  • Metaal: blikkieskersboom, pennesakkie, inkopiesak, kombuisbewer ? en kruiehouer.
  • Materiaal en knope: knopieskameelperd, badkamermat, denimdriehoekkussing, skouersak en pofferkussing.
Allerlei: fotoraam, naaldwerkbord, helder blompot, babaherinneringeboks en allerlei kaartjies.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Iets uit niets nou van Kalahari.net!



Kategorie:
Fiksie/Fiction
Formaat:
Sagteband/ Paperback 137 x 212 mm
ISBN:
978-0-7993-4606-0


Klik en koop

In die mond van die wolf
Skrywer: Paul C Venter

Beskrywing

Die inwoners noem dit die Ouveld. Hy is vol spoke en bygelowe, wilde diere, mense met wilde emosies, baie humor, baie trane. En propvol stories: ware stories, bangmaakstories, grootliegstories. Saam vertel hulle die diep menslike en soms verbysterende geskiedenis van ’n harde, magiese wêreld waar die stedeling óf verby ry óf net petrol ingooi.

The residents call it the “Ouveld”. It is filled with ghosts, wild animals, people with wild emotions, a lot of humour and tears. And many stories: true ones, scary ones, lies … Together they tell the deeply human and sometimes perplexing history of a hard but magical piece of earth, the Karoo.

Die skrywer

Paul C Venter vertel uit sy hart van ’n plek in die Karoo, ’n plek geteister deur droogtes, storms en Bybelse plae. ’n Plek van geloof en wonderwerke, van duiwels en die dood wat helder oordag toeslaan.
 
Vanaf November 2009 word Venter se reekse op SABC3 heruitgesaai.

 
Description

“I read this series of stories with its earthiness, wisdom and humour with great pleasure. It describes the history of a (imagined) Karoo landscape and its residents without sentimentality, or modern prejudices. And the indestructible desert gets the last laugh." - Daniel Hugo

The author

Paul C Venter is a well-known scriptwriter. With his television series Arende I, II and III, Venter wrote one of the most memorable and popular television series ever.

In die mond van die wolf is his second novel after his debut novel, Die Rebellie van Sloet Steenkamp, a continuation of his TV series Arende.

From November 2009 all TV series written by Venter are being rebroadcast on SABC 3.

In die mond van die wolf is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.