Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

Onsigbares


Floris A Brown - 2010-02-03

(Vir: Alle blindes swaksiendes en multigestremdes)

in jul straat, jul stede
loop ons, die onsigbares
julle wat kan sien,
sommige ondankbares
sien ons wat blind is,
nie raak

ons kieries klop heeldag
aan jul hoë demokratiese deure
ons hulpkreetbriefies vlieg hul
nerfaf teen julle toe ruite
terwyl julle jul soustreinwerkswinkels
afsluit met feesdinees, miljarde rande
pomp deur tee en koffiekantuite

bedags, vinger-op-die-lip, julle
haas wyedraai verby ons,
té bang om ook ons onsigbares
se donker wêreld te betree

dankie GOD vir engele, die omgee-fakkeldraers
wat stukkies goud vir ons in erflatings nalaat
dankie GOD vir hulle wat daagliks liefde,
geduld met ons deel, hulle glad nié gedra

soos die heeldag, selfsugtige grafsteenklaers …