Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

In die glans van die Silwersmid


Floris A Brown - 2010-02-03

(Om in Sy diens te staan)

Aanbidders van GOD
met Bybel lied lier en tamboeryn
jul simfonie kleur die hemelruim
ek hoor hoe julle Sy grootheid
tussendeur blitse donderstorms
uitbasuin

ek sien hoe julle jul vingers deur
witwas cumuluswolke streel
hoe julle saam met die engel Migael
teen ’n leervlieswolk klim en stoei
klim en stoei om in die plek van die
Hoogheiligstes van Aanbidding te kom

ek hoor jul wit haelkorrels die
tromme dreun, jul musikale
klanke saamsmelt met stratosfeer
dis Woord sang harp natuur
Engele wat saamsing:
“Heilig Heilig Heilig is die HEER”

in die Silwersmid se vuur
waar ons almal só graag
ons siele in weerkaatsing wil sien
ons siele in die kern van die gefolterde
eg-suiweringsproses ons lot wil bekla,
loop ons Sy voetspoor al singend na …