Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Artikels

Hans Christian Andersen: Die seun wat nooit grootgeword het nie …


Alex B Broadway - 2010-02-03

Hans Christian Andersen is ’n naam wat amper alle kinders en grootmense op die aardbol sekerlik ken. Sy sprokies is al in meer as 150 tale vertaal, en is ook al aangepas tot verskillende media soos Disney-films en kleurvolle musiekblyspele.                                

Hy is op 2 April 1805 gebore, en dié datum staan in verskeie lande as Nasionale Kinderboekdag bekend.

As kind het sy ouma vir hom stories vertel van hoe die Andersen-familie van Deense koninklikes is, en sy pa was oortuig van hierdie feite. Hedendaagse navorsing het egter bewys dat dit vals is, maar tog is daar bewerings dat Hans ’n buite-egtelike kind van blou bloed was.

Toe hy veertien jaar oud was, is hy as akteur by die Royal Danish Theatre aangestel,maar sy stem het begin verander en hy moes dit prysgee en ander uitlatings vir sy kreatiwiteit vind.

Dit was toe dat ’n kollega by die teater vir hom sê dat hy Andersen as ’n digter sien. Andersen het die kollega se voorstel ernstig opgeneem en dit begin oorweeg om skryf as ’n voltydse loopbaan te onderneem.

In 1835 het hy sy eerste sprokiesbundel, getiteld Eventyr, gepubliseer. Dit het nie onmiddellik sukses behaal nie, maar hy het terselfdertyd meer sukses behaal met twee ander boeke, getiteld OT en Only a Fiddler.

In 1872 het hy geval en homself ernstig beseer, maar tog het hy tot 1875 geleef. Hy is op 4 Augustus oorlede en het ’n ruk voor sy dood ’n komponis gespreek en gesê dat die musiek vir sy begrafnis so geskryf moet word dat klein treetjies daarmee in pas kon bly, want die meeste mense op sy begrafnis sal kinders wees.

Na die dood van hierdie nederige “seun” van Denemarke het hy vir ewig geleef in die vorm van sy legendariese sprokies.

 

Bronne
http://en.wikipedia.org/wiki/Hans_Christian_Andersen
http://ursispaltenstein.ch/blog/images/uploads_img/hans_christian_andersen_digital_collection.jpg