Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Marlizé Kruger aangestel as OFM se besigheidsbestuurder


2010-02-02

Bloemfontein - 2 FEBRUARIE 2010 - Marlizé Kruger, voormalige feesbestuurder van die Aardklop kunstefees is aangestel as OFM se besigheidsbestuurder vir die Noordwes.

Kruger is ‘n bekende en gerespekteerde inwoner van Potchefstroom. In haar loopbaan het sy al verskeie hoogtepunte ervaar en suksesse bereik. Behalwe, dat sy haar eie regsfirma bedryf het, was sy ook al drie keer onder-burgemeester. Sy het ook die afgelope vier jaar as feesbestuurder van Aardklop ‘n baie groot rol gespeel in die groei van die fees.

Volgens OFM se uitvoerende hoof, Gary Stroebel; "bring Marlizé ‘n magdom bestuurs ervaring en netwerk in die Noordwes na ons besigheid. Die stasie is baie trots dat so ‘n ervare en gerespekteerde individu by ons span aansluit."

"Ek is bevoorreg en opgewonde om deel te wees van ‘n maatskappy soos OFM," sê Marlizé. "Nie net sluit ek aan by ‘n dinamiese en kreatiewe radiospan nie, maar by ‘n hele media maatskappy. Ek het sedert ek jare terug deel van Puk FM en die destydse Punt radio was, ‘n passie en belangstelling in radio en die media industrie ontwikkel." Sy voeg by dat sy deur die aanstelling by OFM die passie en belangstelling in media weer sal kan ervaar en uitleef.

Marlizé beklee reeds haar pos sedert 1 Februarie en sal by OFM se kantore by die Mooirivier Mall in Potchefstroom gevestig wees.

Vir verdere inligting:
Hannika Struwig, Uitvoerende Kommunikasiebeampte: OFM, Tel: 051 5050900, Faks: 051 5050905, Sel: 082 873 2650, E-pos: hanna@ofm.co.za