Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Wellington wyn- en oesfees: 20 - 22 Maart 2010


2010-01-25

Kom proe en smul hierdie Maart aan al Wellington se versteekte lekkernye en wyne wat op ‘n skinkbord aangebied word by die kompakte 26-lede-wynroete, skaars 45 minute vanaf Kaapstad en ‘n klipgooi vanaf Stellenbosch en Franschoek.

Hierdie dorpie in die vallei van die Wamakers word bestempel as die skatkis van die Boland en vier fees met voortreflike wyne, wynstaptogte, vierwielfietse, vars plaasprodukte en sommer hope gesinspret.



Hou gerus die webverf dop vir die volledige program en spesiale aanbiedinge.

R60 koop jou toegang tot die 3-dagfees en armbande is te kry by die inligtingskantoor en alle deelnemende plase. Kinders onder 12 kuier gratis.

Jy's Wellington Welkom!

Webtuistes: www.harvestfestival.co.za en www.wellington.co.za