Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Uitsoek restaurante in Wynland nou StreetSmart


2010-01-22

StreetSmart SA, ‘n welsynsorganisasie wat toegewyd is aan die sosiale inskakeling en opheffing van straatkinders, skop vanjaar op ‘n hoë noot af deur puik nuwe restaurante in die wynlande van Stellenbosch en die Paarl te verwelkom en hul sodoende ook die geleentheid te gun om terug te ploeg in hul eie gemeenskap.

StreetSmart SA is al ‘n geruime tyd in Kaapstad en Franschhoek werksaam en het in Desember 2009 met ses restaurante in Stellenbosch begin. Die nuwe StreetSmart SA restaurante is Rust en Vrede, Wedgeview Country House & Spa, Overture, The Big Easy, Bodega en Jordan Restaurant. Johan Swanepoel en Nic Dupper van die River Manor Boutique Hotel en Spa is die dryfkrag agter die Stellenbosch-komitee.

"Een van die wonderlike aspekte van die StreetSmart-inisiatief is dat die geld wat in Stellenbosch ingesamel word, vir plaaslike liefdadigheidsorganisasies gegee sal word. Vir restaurante is die proses moeiteloos en maklik om te behartig en deur by te dra, laat restaurantgangers met 'n gevoel van genoegdoening," verduidelik Nic.

Glen Carlou, ‘n toonaangewende restaurant geleë net buite die Paarl, het ook onlangs by StreetSmart SA aangesluit.

"Ons is opgewonde oor die groei wat StreetSmart SA tans ondervind. Ons brei nie net uit ten opsigte van 'n toename in restaurante in die gebiede waarin ons onsself bevind nie, maar ook wat die aantal lewens van straatkinders wat ons aanraak betref - kinders wat hulp, leiding, huisvesting en onderrig nodig het," sê Margi Biggs, Voorsitter van StreetSmart SA.

Fondse word deur StreetSmart SA restaurante ingesamel deur ‘n R5 donasie by elke tafel se rekenining te voeg. Die donasie is vrywillig en restaurantgangers word die keuse gegun om meer as R5, of selfs geen geld nie, te skenk.

Alle fondse wat deur restaurante ingesamel word, word geskenk aan StreetSmart-begunstigdes wat die geld aan onderrig, vaardighede en familie-herenigings programme te bestee. Dit bied aan straatkinders die nodige vaardighede om selfonderhoudend in die gemeenskap te kan leef. StreetSmart SA is tans nog besig met die keuringsproses om ‘n begunstigde in Stellenbosch aan te wys.

StreetSmart SA is in 2005 in Kaapstad gestig met Emeritus-Aartsbiskop Desmond Tutu as beskermheer en het sedert sy ontstaan meer as R2 miljoen deur middel van deelnemende restaurante ingesamel, insluitend talle restaurante in Franschhoek wat in 2008 met StreetSmart begin het.

Enige restaurant wat belangstel om deel te neem kan die webtuiste by www.streetsmartsa.org.za besoek. Vir meer inligting, of om ‘n skenking te maak, skakel StreetSmart SA by Tel: 021 418 0621, stuur ‘n e-pos aan streetsmart@eqweb.co.za of besoek www.streetsmartsa.org.za.