Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Geestelik | Spiritual > Poësie | Poetry

Net ’n plekkie in die son


Catharina Bouer - 2010-01-19

Ek soek tog ook net ’n plekkie by die see
in die son. ’n Bootjie wat rustig vaar na
nêrens, wiegelied oor die golwe heen en
die koel seebries wat teen my aan warrel,
die vrede en rustigheid en vreugde wat oor
my spoel en die seer wat ek nie meer voel.

En as my bootjie op die strand van nêrens
anker en ek kaalvoet oor die warm sand
stap, en die sand so deur my tone plomp,
die skulpies om my heen wat soos silwer
en goud skitter in die son en strelend aan
my voete krap, die krappies wat eers hier
en dan daar uit hul skuilplekkies kruip en
so na my loer, sal ek weet dat ek
veilig is by by my Heer.

Sonder ophou ploeg ek voort met die
brandende hoop om ook eendag ’n plekkie
in die son by die see te vind waar ek vrede,
liefde en geluk sonder ophou sal meemaak
in die rustigheid van die see waar daar niemand
is om op my te trap en al die stampe en stote
van die lewe na my kant te gooi nie, want dan
is ek veilig by my Heer.