Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA-Uitgewers


2010-01-15


Nuut by LAPA-Uitgewers
dié Januarie:

Vang die monster, Sokker – alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra, Sweef en ander verhale, My eerste vyf jaar: ’n Babajoernaal, Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


 

 

Kategorie: Kleuterfiksie
Formaat:
Sagteband; 280 x 260 mm
Ouderdomsgroep:
3+
Illustrasies: Volkleur-illustrasies
ISBN:
978 0 7993 4526 1
Prys:
R70



Klik en koop

Vang die monster
Skrywer: Norbert Landa
Illustreerder: Tim Warnes

“Eend!” roep Varkie. “Daar’s ’n monster onder jou bed. Hy maak so psjjj-psjjj, grrr, doef-doef, pam-pam, njarrr”, “En hoeeeeeeeeeee!” voeg Uil by. Hoe lyk die monster onder Eend se bed? Die dapper diere gaan uitvind ...

’n Pragtige prenteboek, ideaal vir voorlees.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Vang die monster nou van Kalahari.net!


Kategorie:
Sport
Formaat: Sagteband; 137 x 212 mm
Bladsye:
64 (48 pp volkleur, 16 pp swart en wit aktiwiteitsboek)
ISBN:
978 0 7993 4537 7
Prys:
R60

Klik en koop


Sokker – alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra
Skrywer: Tim Sandham

Sokker is een van die magtigste fenomene op aarde – of jy dit in terme van geld, passie of aanhang meet. Hierdie boek is geskep om al daardie dormante Suid-Afrikaanse passie op te roep vir 2010: ’n inleiding tot die sport, ’n gids tydens en ’n aandenking van die Wêreldbeker en ’n nuttiige verwysingsgids vir daarna.

Sokker – alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra is in ’n tong-in-die-kies geselstrant geskryf en bevat vermaaklike illustrasies en foto’s. Die boek stel die geskiedenis en die spelers bekend, asook die reëls, posisies en formasies. Dit gee ’n lughartige oorsig van al die dinge wat sokker in die nuus hou – die astronomiese salarisse, omstrede doele en die vroue agter die superster-spelers. En natuurlik is daar ’n hele hoofstuk oor Bafana Bafana en waar dié naam vandaan kom. Ingesluit is ’n 16-bladsy-aktiwiteitsboek vir kinders (of hulle ouers) wat uitgehaal kan word.

Prettige hoofstukke om na uit te sien:

  • Legendes en top-spelers van die oomblik
  • Alles oor internasionale en plaaslike sokkerklubs
  • Hoe spelers oorgekoop word en vir hoeveel
  • 10 dinge wat jy móét weet van sokker
  • Eienaardige sokkerstories uit die geskiedenis.

Die skrywer

Tim Sandham is ’n gekwalifiseerde bibliotekaris en ’n Trivial Pursuit-speler van formaat. Hy werk die afgelope 25 jaar as vryskut skrywer en regisseur in die TV-bedryf, die afgelope 10 jaar voltyds en spesifiek in die bemarking van sportuitsendings deur sy produksiemaatskappy Words & Pictures. Hy was tot die einde van die struggle sportrubriekskrywer vir Vrye Weekblad.

In 1999 het sy Anglo-Boereoorlog-storie, The Abridged History of Ambrose Arendse, met illustrasies deur Alastair Findlay, die Melrose Huis-toekenning gewen.

Sedert 2003 het hy saam met sy besigheidsvennoot, Angus Douglas, sewe verhoogkomedies geskryf en opgevoer by die Nasionale Kunstefees te Grahamstown.

In 2007 het hy saam met Riaan Venter gewerk aan Sweis met Riaan vir Lapa Uitgewers. Hy werk tans saam met prof Craig McKenzie van UJ aan The Herman Charles Bosman Companion vir vrystelling in 2011.

Tim is deur groepsdruk gedwing om in die YMCA-liga sokker vir die Mayfair Presbiteriaanse Kerk te speel. Wedstryde het met gebed begin en met verwyt geëindig. Nou, met hierdie boek, het alles in plek geval. Dit was so bestem.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Sokker – alles wat jy wil weet maar te skaam is om te vra nou van Kalahari.net!

Kategorie:
Jeugfiksie
Formaat:
137 x 212 mm
Ouderdomsgroep:
13+
ISBN:
978 0 7993 4552 0
Bladsye:
172
Prys:
R80

Klik en koop

Sweef en ander verhale
Skrywer: Verskeie
Saamgestel: Adinda Vermaak en Marieta Nel

Die 30 splinternuwe kortverhale in hierdie bundel is geskryf deur 25 uiteenlopende skrywers – van bekende jeugboekskrywers soos Martie Preller, Leon de Villiers, Jaco Jacobs, Zulfah Otto-Sallies en Fanie Viljoen tot opwindende nuwe stemme soos Marietjie Vos en Christo Davids (beter bekend as Errol van 7de Laan).

Al die verhale in Sweef het een ding gemeen – hulle is spesifiek gefokus op tieners en hul belewenis van die wêreld. Daar is stories wat jou sal laat dink en droom, stories wat jou sal laat ril en raai, en bowenal stories wat jou sal laat ... sweef.

Die perfekte boek vir ure se leesgenot. En vir klaskamergebruik is daar ’n opwindende Sweef-onderwysersgids beskikbaar met uitgewerkte vrae en skryfwenke, asook ’n CD met voorlesings deur van die skrywers.

Die samestellers is Adinda Vermaak en Marieta Nel, albei kenners op die gebied van leesstof vir jongmense.

Sweef en ander verhale is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

 

 

 

 

 

Kategorie:
Niefiksie
Formaat: Opgestopte hardeband; 297 x 210 mm
ISBN:
978 0 7993 4527 8
Prys:
R140
Bladsye:
48

Klik en koop


My eerste 5 jaar: ’n Babajoernaal
Illustreerder: Maja Sereda

Die Babajoernaal is ’n pragtig-geïllustreerde aandenkingsboek waar ouers hulle nuwe kleinding se eerste spesiale oomblikke en mylpale tot en met 5 jaar in plakboekvorm kan verewig.

Die joernaal bied meer as genoeg ruimte vir aantekeninge, foto’s, aandenkinge, kaartjies en kunswerkies en sluit die volgende afdelings in:

  • Geboorte en naamgewing
  • Eerste paar dae by die huis
  • Spesiale oomblikke tydens badtyd, etenstyd en slaaptyd
  • Eerste mylpale in groei en ontwikkeling: groeikaart, emosionele ontwikkeling, tandekry en mediese rekord
  • Eerste spesiale ervarings: verjaarsdae, uitstappies, vakansie, Kersfees en kleuterskool
  • Gunstelinge, gewoontes en sêgoed.

Met hierdie kosbare boek kan lankvergete kleintyd-oomblikke telkens herleef word.

Maja Sereda is oorspronklik van Pole, maar woon reeds sedert 1989 in Suid-Afrika. Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en is 29 jaar oud. Haar ander immer gewilde illustrasies sluit in Danie Dreyer se Dinosourus eiers, Liewe land, ‘n olifant en Sprokies.

My eerste vyf jaar: ’n Babajoernaal is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.


Kategorie:
Geskiedenis/ Kultuur/ Kookkuns
Formaat:
Hardeband; 297 x 210 mm
ISBN:
978 0 7993 4523 0
Prys:
R230
Bladsye:
176



Klik en koop

Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos
Navorsing en teks: Renata Coetzee
Fotografie: Volker Miros
Storievertellers: Florence Filton vir Namastories (Nama-Afrikaans) en Hetta Hager vir Griekwastories (Gariep-Afrikaans)
Kunstenaars: Pienaar en Sue van Niekerk

Die geskiedenis van ’n groep mense se eetgewoontes oor eeue heen word ook uiteindelik hul kultuurgeskiedenis, en Koekemakranka is bewys daarvan. Renata Coetzee het haar uitgebreide navorsing oor die Khoi-Khoin se eetkultuur nou in hierdie pragboek ook vir die breë publiek toeganklik gemaak.

In dié eeue oue verhaal van die Khoi-Khoin se kos word ook die verhaal vertel van hul kultuur en leefwyse van toe tot nou. Van hul musiek en die ramkie met net een snaar. Van hul kleredrag, hul eetgerei en woonplekke, met selfs ’n beskrywing van hoe matjieshuise gemaak is. Talle vertellings regstreeks uit die mond van ’n paar Khoi-Khoin wat nog onthou hoe dinge nog ’n paar dekades gelede gedoen is – en dalk plek-plek nog gedoen word – omskep die boek in ’n besonderse leeservaring. Volker Miros se 300 foto’s help om Koekemakranka die beskrywing “pragboek” te laat verdien.

Vir die bewaringsbewustes is daar volop raad vir die aanlê van ’n eie veldkostuin en ’n tydige waarskuwing oor plante wat aan die uitsterf is en liewer met rus gelaat moet word. En om seker te maak dat die Khoi-Khoin se kom-kuier-kos op almal se tafels kan voortleef, word die boek met ’n verskeidenheid resepte afgesluit.

Hierdie publikasie is ’n verkorte weergawe van ’n uitgebreide wetenskaplike studie oor die Khoi-Khoin se eetkultuur en gebruike.

Renata Coetzee is ’n navorser van formaat. Sy het onlangs ’n eredoktorsgraad ontvang van die Noordwes-Universiteit vir haar dekades lange navorsing oor die eetkulture van die inheemse mense van Suid-Afrika. Deur mekaar se eetkulture te leer ken, leer ons ook mekaar ken. Boeke wat uit haar navorsing gespruit het, is onder meer Funa Food from Africa – Roots of African Food Culture en Spys en Drank – die Oorsprong van die Afrikaanse eetkultuur.

Koekemakranka (Gethyllis afra)

Hierdie eksotiese, aromatiese plant met sy ritmiese Khoi-Khoin-naam is nie net Khoi-Khoin-parfuum en -medisyne of ’n snoepdingetjie vir die kinders nie. Dis ook ’n botaniese juweel. Verskeie spesies van dié bolplant groei van die Suid-Kaap tot in Namakwaland. Onlangs is ook van dié plante in die Karoo en in moerasagtige gebiede gevind. Bokant die grond het die plant se jaarsiklus drie fases. In die winter breek lang, dun spiraalblare deur (sommige spesies het reguit of opgerolde blare). Hulle verdroog en in die somer, as weerstoestande gunstig is, verskyn onverwags ’n enkele wasagtige, stervormige blom – wit of pienk, afhangende van die spesie – met ’n delikate, eksotiese geur. Binne twee dae verdroog hy en ná ’n paar maande peul die vrug na bo – ’n lang dun pypie vol fyn saadjies in ’n sagte pulp. ’n Swaar, soet vrugtige aroma vul die lug en lok die kinders na buite om die pypies te soek. Die pulp word gretig uitgesuig, maar die velletjie van die pypie word versigtig huis toe geneem as parfuum vir die huis of om tussen die ma se klere gepak te word.

Koekemakranka: Khoi-Khoin-kultuurgoed en kom-kuier-kos is beskikbaar by toonaangewende handelaars, asook direk by LAPA Uitgewers, 012 401 0700; of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.