Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Poësie | Poetry

Platonies


Johann de Lange - 2010-01-15

’n Vertaling van WH Auden se “The Platonic Blow” deur Johann de Lange

Dit was ’n lentedag, net die dag vir ’n lê, en die lug
ruik die ene kleedkamer; ’n dag om te suig of gesuig te word,
toe ek hoek-om kom na my middagmaal sien ek hom
naby op ’n rooi stoep staan, vars asof pas uit die stort.

Ek gluip en ek sluip. Die kraakwit t-hemp omlyn
’n kragtige bolyf, die verbleikte denim verraai
heelwat. Ek merk die snoes kurwes waar dit fyn
die agterstewe omhels, die mik waar die lap tergend aai.

Ons oë ontmoet. Ek voel siek. My knieë wil swik.
Roer kan ek nie. Weet nie wat om te sê of vra.
In ’n waas, soos ’n vreemde, hoor ek myself praat:
“Wil jy saamkom?” En hy wat bukserig sê: “Ja.”

Ek haal bier vorendag, ons gesels. Soos ’n jong seun
vertel hy my sy storie. Huidige adres: die huis neffens my,
half Pools, half Iers. Die jongste. Van Illinois.
Ambag: handwerksman. Naam: Ben. Ouderdom: 24, om en by.

Hy sit sy bierglas neer en strek sy kaal arms oor
die rug van my sofa. Die namiddagson slaan
vonke uit die hare op sy gewrig. Sy ken was sterk,
sy mond smakkig. Dis of my geluk op losse skroewe staan.

Maar hier sit hy, reg langs my, wydsbeen.
Ek kon dit nie langer hou. Ek streel my binnedy.
Hy antwoord met nader skuifel. Ek bewe, my hart
klop en skop terwyl my vingers sy gulp oop probeer kry.

Die gleuf in die flap gaan oop. My hand glip na binne.
Ek vroetel na ’n spleet in die boxers wat sag vou oor
die peulvrug waarna ek smag. Ek voel warm vlees, dan krullevag.
Ek vors verder. Ek vind wat ek verwag. Ek gryp. Dis dubbelboor.

Hy reageer op my vertroeteling op ’n onbehoorlik bekoorlike manier:
Sonder ’n woord maak hy sy lyfband los terwyl ek vrywe en klou,
leun behaaglik terug, bene uitgestrek. Sy broek val om sy enkels.
Ek wikkel hom behendig los, en aanskou wat ek in my hande hou.

Die besnyde glans was die werk van ’n meester
met ’n volmaak geslypte velling, van ongewone karaat
en die plesierigste rooi. Selfs ontspanne, was die skag
van vorstelike formaat met plooie wat die geheim uitlaat

van uitsonderlike verlengingskrag. Vir ’n sekonde of twee
bly dit roerloos lê, voor dit skielik in my hand roer,
dan huiwer asof onbeslis oor die volgende skuif,
En toe met ’n wilde bokspring uitdy tot dóér.

Geluidloos verleng dit maat vir maat en verbrei, klim
met rats bokspronge, bloos, tot volle grootte uitgegroei,
so byna nege duim lank, sy dikte omvat deur middelvinger en duim,
’n vorstelike suil, onsegbaar plegtig, onder g’n kalkoen uitgebroei.

Ek toets sy torsie en proporsie met ’n druk van my hand,
Ek bondel my vingers en omkring die kloppende knop,
ek streel dit op en af. Ek sak af op my knieë.
Ek laat sak my kop en maak my mond oop vir die job.

Maar hy stoot my sagkens weg, buk af en knoop
sy veters los. Hy trek sy kouse uit. Staan op. Raak
van die boxers ontslae. Spiere in sy arms en heupe
golf as hy sy t-hemp oor sy kop trek, nou heeltemal naak.

Ek bekyk sy brons vel, geprikkel deur die kontras van bruin
lyf teen wit onderbroek styf gespan om smal
heupe. Met ’n duimhaak en wikkel skil hy dit af.
Ek pluk my klere af. Hy kyk na my, glimlag. Ek sien als.

Die pragtige orgaan staan reguit óp en styf
effens breër van onder na bo. Elke hartklop word aanloop
vir ’n vreemde klein knik na my kant toe. Uit die gleuf van die tuit
vorm traag ’n druppel deursigtige, klewerige stroop.

Die krullevag was blond en sag, ’n jongman se boskasie,
’n ruigte van krulle en kronkels, weelderig, nie kru of plat.
Behalwe vir die kam van goue haartjies wat uitwaaier
na die netjiese naeltjie, is die res van die sy maag haarloos en glad.

Goedbedeeld, swaaiend in die vurk van gespierde bene,
die ferm kalbas van sy saad soos ’n bultende peer,
knaters wat knewelig wieg, twee reuseballe
wat swaai soos hy naderkom, sy parte onbeskaamd paradeer.

Ons lippe kom saam. Ons raak verstrengel. Elke greep was gryp,
elke daad, kontak, die slaags raak en die ineenhaak
van tonge, die sjarme van arms. Ek sidder by die blote gly
teen sy jong vlees. Ek swik van die skok van sy voël teen kloaak.

My bene skrylings oor syne werk ek rapsie vir rapsie sy wiggel-
roede by my in en trek strop daaróm so styf as ek kan.
Die lankuit hitte van sy pens en flanke druk teen myne.
Kaal, aan mekaar gegom, bly ons ’n wyle so staan.

Ek knibbel sy oorlelle, die rugkant van sy nek
en die breë skouers. Ek kry pront die kompakte half-
rondes van sy agterstewe beet. Ons wankel. Hy val op die bed.
Lippe oop, oë toe, lê hy daar, gereed om in te salf,

ryp vir die pluk, om te ruik en te bevoel. My lippe
verken begeerlike man-tepels. My oë in tweevoud
takseer die borskas. Ek liefkoos die atletiese buikspier
en die lenige lede. Ek beproef die groef van die binneboud.

Ek koester, ek snoes in sy oksels, ek snuif
die subtiele snuf van die elke klos, lek smagtend die snuif-
sout van die warm holtes. My vingers dwaal
af op inspeksie, ’n tydsame toer van die lyf.

Afwaarts in ál nouer kringe kronkel hulle speels,
oortree op die gebied van sy geslag soos diewe, omsingel die piel,
maar swenk tergend weg, ontwyk die samekoms. Dié verraai
sy polsende nood met ’n taamlik onbetaamlike soebatsriel.

“Moet ek jou tongnaai?” fluister ek. Hy versit sy waaie en willig in,
draai op sy sy, sprei sy dye, laat my afsak ent vir ent
na die donker plek daaronder. Ek soen elke duim
van die dik koord wat strek van sy balle tot by sy agterent.

Ek sprei sy sitvlak oop, ek snuffel my pad oop
met die harige hellings langs. Bereik die gerimpelde roset.
Dit kriewel onder my tong. Hy druk sy mik teen my ken.
Sy dye kronkel as my tong in sy hol wikkel sonder belet.

Sy wulpsheid hunker na vervulling. Hy laat sak
sy bene, sy asem rasper, geil soos ’n tienerseun, loops,
kaal, tot barstens geswel, hitsig en ruig om gesuig te word,
hande wat die beddegoed vasgryp, al sy porieë vir die vreugde oop.

Ek takseer sy pielstyf. Neem bestek op van sy parte met my staar
van balsak tot tepel. Korrel af langs die onderste rif
van sy voël, loer deur die ruigte van sy skaamhare
op na die terrein van die borskas, wat fier en ruim val en lig.

Ek bewonder die tekstuur, die fyn plooie en die haarfyn
genaaide nate van die ruim balsak. Ek verafgod en swig
voor die swier van roede. Ek lig die verruklike vleis
na my mond, bring die aansig van die pielstyf na my gesig.

Ek glip my lippe om die Bisantynse dom van die kop,
met die tip van my tong liefkoos ek die gevoelige keep.
Die trilling laat hom ril. “Dis heerlik!” fluister hy skor.
“Hou aan! Hou aan!” Stadig laat ek my tong dweep.

Sagkens, en agsaam, gly ek na die massiewe voetstuk
van sy magtige suil, om vir ’n wyle daaronder te stop
In die warm vogtige ruigte, en dan op my spoor terug
duim vir duim die gladde weg na die helmknop.

Inwonende opwindings swel uit voor die verrukkings wat kom
as ek afsak en opkom langs daardie geswolle wande.
Ek omvat sy stam tussen linkervoorvinger en duim
en kielie sy swaar, yslike balle met beide my hande.

Ek duikel met ritmiese slukke, stadig en sekuur,
en maak elke slag met my tong ’n kurktrekkerdraai.
Sy siel duisel van die sensasie. Hy kerm “O my fok!”
soos ek lek en por, kielie, skommel en aai.

Dan druk ek op die plek waar die kruis hom las met die kloot,
glip ’n vinger glad in sy aars en begin hom van binne masseer.
Die geheime sluise van sy sappe begin sig ontsluit.
Die ene begeesterde peester roep hy “Liewe Jesus!” weer en weer.

Golwe van baldadige genot stoot op in sy voël in vinnige
spasmas. Ek lê stil in die mik van sy kruis, sy sweet maak my hoog.
Sy sfinkter trek stuip om my vinger. Diep in my op, kwistig en dik,
pomp hy warm sarsies sponk, spuit dit uit boog op boog.