Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Eikendal stel nuwe oesjaar van sy Bordeaux-styl keldertrots bekend


2010-01-06

Classique 2006 - sagmoedige reus wat elegant sy plek van herkoms vier

Eikendal het sopas die 2006 oesjaar van hul elegante Classique bekendgestel - ‘n Bordeaux-styl versnit wat as die landgoed se vlagskip-rooiwyn seevier. Die wynkelder en wingerde is geleë tussen Stellenbosch en Somerset-Wes, teen die voet van die Helderberg, in ‘n area wat bekend is vir sy besonderse rooi wyne.

Meer grasieus en geborge as sy voorgangers, verkondig die Classique 2006 sjarmant waaroor Eikendal beskik. Sy unieke plek van herkoms, uitsonderlike kwaliteit en volop geur kom na vore te danke aan koeler klimaatsomstandighede en ideale groeitoestande.

"Ons wingerde floreer in ‘n gunstige terroir wat geraam word deur die Helderberg in die agtergrond met Valsbaai duskant en Tafelberg in die verte. Die 2006 oesjaar Classique het ‘n ferm struktuur net soos die Helderberg terwyl dit ook smeul van elegansie en finesse, soos net die koel briese van die nabygeleë see kan voorsien," verduidelik wynmaker Nico Grobler.

Met Cabernet Sauvignon as die oorheersende komponent (70%), onthul die wyn ook ‘n klassieke Cabernet Franc (15%) karakter, en vir die eerste keer in baie oesjare ook ‘n tikkie Merlot (15%) wat veelvuldige lae, delikate vrugte aromas en ‘n vroulikheid aan Wynland gunsteling verleen.

Die 2006 oes het in die algemeen goeie kwaliteit rooidruiwe opgelewer, waarvan elegante wyne van uitsonderlike gehalte en karakter, veral in die geval van Cabernet Sauvignon en Merlot, geproduseer is. Terwyl 2005 ‘n uitmuntende jaar vir rooiwyne in die Helderberg wynstreek was, glo Nico met oorgawe dat die 2006 oesjaar selfs ‘n groter belofte van volhoubaarheid en elegansie inhou.

In die kelder is die druiwe selektief met die hand gesorteer en stadig gefermenteer. Elk van die drie verskillende komponente is vir 24 maande in 50% Franse eikehoutvate (300L) verouder. Die versnit bring dan ‘n verdere ses maande in ouer vate deur, met nog ‘n goeie halwejaar se bottelveroudering voordat dit bekendgestel is.

Die Classique 2006 is ‘n sensuele, dog stewige rooiwyn met ‘n komplekse bessieboeket wat harmonieus aangevul word deur ‘n subtiele eikehout-smaak. Op die palet meng sappige pruim, tabak en ryp swartbessieskakerings terwyl ‘n onderliggende smaak van ment en speserye met ‘n aardse ondertoon verwys na die Cabernet Sauvignon se oorheersende teenwoordigheid in die wyn.

Eikendal Classique 2006 smaak vorentoe saam met filet medallions en vars roket - die wynmaker se gunsteling - asook springbok carpaccio met olyfolie en swartpeper. Vegetariërs kan hierdie wyn geniet saam met geroosterder eiervrug-en-mozzarella-torings. Of bedien dit saam met ‘n ryk, meelvrye sjokoladekoek bedruip met ‘n bessiesousie vir ‘n hemelse bederf.

Die wyn is beskikbaar vanaf R130 per bottel, direk vanaf die kelder, of landwyd by uitgesoekte wynhandelaars en restaurante.

Vir meer inligting of om jou kis Classique 2006 te bestel skakel Eikendal by Tel: (+27)21 855 1422 of stuur ‘n epos aan orders@eikendal.co.za.

Uitgereik deur: GC Communications

Kontakpersoon: Leanne Loots

Tel: (+27) 21 462 0520

Epos: leanne@gc-com.co.za

Uitgereik namens: Eikendal

Kontakpersoon: Corina du Toit

Tel: (+27) 21 855 1422

Epos: corina@eikendal.co.za