Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by NB-Uitgewers


2010-01-05

Nuut by NB-Uitgewers dié Januarie:

Goed om te weet: Dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners, Reisiger, The Afrikaners, Kook en geniet, Keurboslaan: Die Serfontein-kinders en Oogensiklopedie.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


Uitgewer:

Tafelberg
ISBN:
978-0-624-04775-9
Prys: R295


Goed om te weet: Dié feiteboek vir ingeligte Suid-Afrikaners
Hans Büttner en George Claassen

Nie alleen ’n waardevolle naslaanwerk nie, maar ook ’n interessante en leesbare versameling feite waarvan Suid-Afrikaners aan die einde van die eerste dekade van die 21ste eeu behoort kennis te dra. Goed om te weet sal sy lesers in staat stel om ingelig saam te gesels oor elke onderwerp wat saak maak in vandag se wêreld.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Goed om te weet nou van Kalahari.net!


Uitgewer:Tafelberg
ISBN:
978-0-624-04812-1
Prys: R300




Reisiger
Elsa Joubert

Die tweede deel van Elsa Joubert se outobiografiese tweeluik is ’n lewensverhaal wat soos ’n roman lees. Dit begin waar sy as vyf-en-twintigjarige haar eerste alleenreis aanpak, ’n tog wat haar deur Afrika na Europa neem en die begin vorm van haar lotsgebondenheid met hierdie kontinent, dié “boeiende, donker, onbekende ding” wat haar haar lewe lank getrek het. Reisiger gee ’n eerlike kyk op die lewe van Elsa Joubert en werp lig op die onuitwisbare ervarings wat aanleiding daartoe gegee het dat sy is wat sy is en daarom geskryf het soos sy geskryf het.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Reisiger nou van Kalahari.net!


Uitgewer:Tafelberg
ISBN:
978-0-624-04823-7
Prys: R390

Klik en koop

The Afrikaners
Hermann Giliomee

Die nuwe, bygewerkte uitgawe van die topverkoper oor die geskiedenis van die Afrikaners. Internasionaal bekende historikus Hermann Giliomee verken die redes vir die Afrikaners se opgee van mag en hul pogings om saam met ander minderhede vir die Grondwet te veg, asook hul soms stormagtige verhouding met die ANC en president Zuma.

Klik hier en koop The Afrikaners nou by Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
978-0-7981-4918-1
Prys: R275

Klik en koop

Kook en geniet
SJA de Villiers

Kook en geniet het in 1951 vir die eerste keer verskyn. Met meer as ’n halfmiljoen eksemplare in druk is dit ongetwyfeld dié klassieke Suid-Afrikaanse kookboek. Dit dek alles wat jy ooit oor kook kan wil weet – van hoe om bestanddele te meet, oonde optimaal te gebruik, groente voor te berei en vleis gaar te maak tot hoe om kos perfek te vries – naas die meer as 700 ekonomiese, beproefde en geliefde resepte. Volledig hersien en herverpak in ’n kleiner, dikker formaat wat die gevoel van die oorspronklike met moderne leesbaarheid versoen.

Klik hier en koop Kook en geniet nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Human & Rousseau
ISBN:
978-0-7981-5019-4
Prys:R99.95

Click to buy!

Keurboslaan: Die Serfontein-kinders
Theunis Krog

Doktor Roelof Serfontein, miljoenêr, wêreldbekende skrywer en hoof van Keurboslaan se beroemde seunskool, vind dit moeilik om die roman te voltooi waaraan hy reeds twee jaar lank skryf. Hierdie keer is dit sy eie vyf kinders wat hoofsaaklik daarvoor verantwoordelik is. Ook Karl, ’n seun met probleme, sowel as Tessa, wat haar man, dokter Eugene Krynauw, verlaat het, se teenwoordigheid op Keurboslaan stel doktor Serfontein se geduld deeglik op die proef.

Klik hier en koop Keurboslaan nou van Kalahari.net!


Uitgewer:
Tafelberg
ISBN:
978-0-624-04831-2
Prys: R130

Klik en koop
Oogensiklopedie
Gilbert Gibson

Gilbert Gibson se jongste bundel is ’n uiters ambisieuse projek, en een wat enorme vondste lewer. Dit is ’n komplekse verwikkeling van Bybelse taal en beeld, literêre verwysings en die fisiologie van die oog. Die bundel as geheel kan gesien word as ’n ensiklopedie van die skryfkuns, en dan wel die skryfkuns as die kuns van sig en waarneming. Verbluffend en eindeloos integrerend, soos dit ware poësie betaam.

Klik hier en koop Oogensiklopedie nou van Kalahari.net!