Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Hoe ver die val?


Albert Maritz - 2009-12-17

“Dis goed om te glo jy moet met jou buurman reguit wees. Maar pasop vir die dag as jou buurman met jou ook reguit is.” CJ Langenhoven

Hierdie is ’n teaterrubriek. Maar wat …?! “All the world’s a stage.” En as ’n SABC-produksie meer betekenisvol is as ’n Hollywood ene, verdien dit ’n staande ovasie. Net vanaand kyk ek hulle Scrooge met die Joeys take en dis die duidelikste vertelling van ’n klassieke verhaal wat ek nog gesien nie. Om van die jongste ene – die skrikwekkende bangmaak-een tans in die flieks – nie eens te praat nie. In die SABC-Scrooge is die sprankelende akteur, David Sherwood, aan die spits van ’n klomp sulke vars vertolkings. En met die musiek deur Bonsai verdien uitvoerende vervaardiger, Ed Worster, ’n klop op die skouer.

En selfs in Egoli sit die ou hand, Peter Poison Thage, en doen uitstekende werk as die pa wat TJ in die pad steek. Netjies man. Trots om oudkollega van julle beide te wees.

Maar dis hoogtepunte aan die begin van ’n plus-fase – ná ’n aaklige paar weke. Ons bekyk dinge vanuit die oogpunt van ’n depressie-individu – een van vele die afgelope tyd: Ek sê jou – seg ons depressie-kalant – baie dinge is trivia wat net wag om raakgesien te word. Soos al skyn die son nie hard hier nie en al is die luggie koel, is almal amper dood. Mens en dier. Maar dis omdat atmosferiese dinge plaasvind, wat ook elders plaasvind, waar dit ook warm is.

Nes wind op ’n fiets van voor af, al ry jy watter kant toe. En daar's niks wind nie. Hy kom dit elke keer agter as hy oefen. Daar's niks wind nie, maar hy druk jou! Dis mos omdat atmosferiese dinge plaasvind, wat ook elders plaasvind, waar daar dalk ook nie wind is nie.

Sit maar die ondervloerse verkoeling in – water wat vloei. Laat ons bo-op water lewe. Dalk help dit met die insekte wat al groter word met die blessitse over heating … Ja, niemand sê dit nie, maar watch maar …

En nou, wanneer almal vertel hoe moedeloos hulle die afgelope paar weke was – is dit toeval? Nee, seg ons depressie-geval. Onontdekte trivia.

***

Om die een of ander rede is amper almal wat aan Melkbosstrand se Baptistekerk behoort, soos in ander Baptistekerke, Afrikaans. Die voorsanger is ’n outjie met lang hare. Hy bodyboard en preek ook. Hy lyk nes ’n internasionale folk-ster. Hy is ook Afrikaans. En Sondag na Sondag is hy daar en sing hy die mooiste melodieë … Engelse liedjies.

Maar die afgelope Sondag trek hy, Ryno Turketti, los met “Soos ’n hert …”. En dis waar ons reeds depressed vent trane in sy oë kry. As hy emosioneel meer vrygewig was, het trane seer sekerlik ook sy wange gestroom. Maar hy is nie, want hy is, soos elke ander mens in 2009, al ’n paar weke lank depressed.

En net daar begin sy introvertiese kop sy eie debat. Oor die Afrikaanse mense. En die swaar tye waardeur soveel van ons is. En hoeveel beter dit al gaan.

***

En hy onthou toe hy ’n venue bestuur het, en groot sukses gesmaak het. En mense bel hom en sê hulle wil daar optree. En hy sê vir hulle – soos hy daai tyd vir Kurt Darren ook gesê het – die mense weet nie wie julle is nie; julle sal nie kaartjies verkoop nie.

Maar Kurt besluit hy tree op, want dis deel van die werk: om naam te maak. Hy weet wat harde werk is. Maar ons “emosioneel lae events manager” raai hierdie een Afrikaanse groepie af. Maar toe hy tyd kry, gaan kyk ons armsalige depressie-geval na hulle. Dit herinner aan Bob Dylan se Basement Tapes. Hul sit, professioneel opgestel, in hulle eie waenhuis. En terwyl hulle die mooiste, mooiste melodieë speel, huil ons sad case oor die verspilde geleenthede wat die geskiedenis steeds sommige mense toedeel.

Later tree hulle vir hom op in ’n show met kuns, poësie en drama – als in een – wat toe as Skilder by die KKNK speel. Marion Holm doen die regie. Impresario het vervaardig. (Hulle was op daai stadium die spannetjie wat nou Naaimasjien vervaardig – vandag minus Sad Sack.) En die spelers was Sean Arnolds (hy is vanjaar oorlede) en Rehane Abrahams. Die musikante was Nico Burger (die skrywer/komponis), Jan Burger (sanger), sy dogter Helen Burger (vandag een van die sterre van Cats en toe al verbysterend … in standerd 9), en op die klavier en viool … Lisbé Prinsloo. Hul klankman het ook gejol – deel van die snaakse parking attendant-liedjie. Gabriël Bothma het tog te mooi daaroor geskryf in Die Burger (“Skilder mag nie deur die krake val”).

Dit was 2004. Sad wil huil. Hy het genoeg rede.

***

Dan beoordeel hy eksamens by die Northlink Panorama Technikon, Kaap. Dis Zoeloe-gebaseerde danse. Die dosente raak so meegevoer ná een van die eksamens dat sommige sommer inspring en saam dans. Nog een sit en jil. Dis fantasties en aansteeklik. En die dansers is mense van elke ras.

Hoekom moet almal dieselfde wees?
Hoekom moet almal dieselfde dink?
Almal in Suidwes-Afrika praat glo steeds Afrikaans.
Is jy nie al moeg vir die term rassis nie?

Die wêreld is te ingewikkeld om volgens ras te kwalifiseer … Maar begin ons die debat, maak ons dit dood. Was dit nie oa oor die regse misplaaste reaksie op Chris Louw se onlangse skrywes dat hy gatvol geraak het nie? Hoekom kan ons nie debatteer nie? Hoekom weet ons nie hoe nie?

***

Terror Lekota verskil van die mening dat Mbeki skuldig is aan die dood van baie mense wat MIV/Vigs had. Sy verweer is bv Love Life. Is Love Life daai duuuuuuur tydskrif in die Sunday Times? Wat wie lees?

Ons sad victim se enigste ervaring van Love Life is dat hy hulle by die KKNK se tienerfees teëgekom het. Hy had ’n toneelstuk op ’n verhoog – oor Vigs, kinders en die toekoms. Love Life se moerse lorrie, wat miljoene rande kos, het by daai verhoog gestaan, en as die akteurs hulle laaste woord gespreek het, het hulle hulle derduisende rande se klankstelsel aangeskakel en die vieslikste musiek, vol tipies Amerikaanse rap f-woorde gespeel – met geen appeal behalwe jol-appeal nie. En nie ’n lekker jol nie. Smerig. Wie deel aan ses- tot 10-jarige kindertjies sweets en kondome uit?

Jy is nie die teikengehoor nie sê my hoeder-vriendin! Maar, antwoord ek moerig, my onverdraagsame bloed wat nog nie op hierdie slagveld geoffer is nie, bruis. Ek sal graag wil sien watter positiewe dinge dié spul doen voor ek hulle walglike oorsig by die jeug-KKNK sal vergewe.

***

Chris Louw … ek skryf aan ’n diep vriend in Amerika:

Hy was dalk ’n heethoof, hy was links, hy was uitgesproke, hy was sensitief, so op ’n manier kon hy dalk nie dit vat wat hy uitdeel nie. En ek kan nie anders as om te dink dis ’n verskriklike vermorsing van ’n mens wat nog so baie kon bydra nie. Mens het sulke mense nodig. Debatmakers. Dalk moet ’n mens – as jy nie kan vat wat jy uitdeel nie – ophou uitdeel. Maar dis nie net goed nie. ’n Mens met ’n mening se mening hoort op die tafel. Chris het sy mening in die tel gehou. En dalk uiteindelik, gepaard met ’n paar ander faktore, die prys betaal.

Ek wed jou enigiets een van daardie faktore was die verkantlyning van so ’n talent. Hy was mos nie dom nie. Goed, hy het sekerlik gebaai in die aandag met Boetman. Maar dan sou hy nogtans weet dat die feit dat hy nie meer genoeg seggenskap in sy eie veld – die joernalistiek – het nie, hom basies vernul.

En dis ’n verlammende, sielsdodende frustasie. Om daardeur te kom het mens enkele stukke gereedskap nodig:

Geld
’n Eietrots of eiewaarde sodat mens nie die erkenning vir wat jy kan doen, bied en wel lewer of sou kon lewer, nodig het nie. ’n Vervulde ego
’n Gesonde gemeenskap waaroor jy jou nie hoef te bekommer nie
’n Gesonde persoonlike lewe

Ek het nou die dag sy stem op radio gehoor en moet sê hy het te veel gehad nog om te bied. Die onmiddellike gemis aan daardie bekende RSG-stem is ondraaglik.

“Ons Afrikaners was darem al in slegter posisies. Verower, half uitgeroei, sonder taal, sonder pers, sonder ekonomiese krag – maar onderkry het hulle ons nie. Ons het ten minste 'n uitstekende kans om deur te kom.” NP van Wyk Louw