Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Frank Opperman vir minister van kultuur!


Albert Maritz - 2009-12-02

I never think of the future. It comes soon enough. – Albert Einstein

 

Drie rillers met my laaste drie vliegritte tussen Kaapstad en Johannesburg …

SAL: Hierdie een het via Anel Heydenrych op RSG gedraai. Ek moes ’n ruk gelede vlieg vanaf Johannesburg se OR Tambo-lughawe na Kaapstad. Ek skryf:

Dit kom daarop neer dat ons uit die vliegtuig moes klim gister, en daarna het niemand weer met ons gepraat nie. Ons moes maar self by mense gaan vra: wat nou, en is dan van hek na hek gestuur. As ek nie uiteindelik gesien het 'n man met die naam J Public help 'n klein groepie mense by 'n terminaal nie, het ek dalk nou nog op JHB Internasionaal gesit. Dalk sonder kos; dalk al die gees gegaf. Net so ’n geraamtetjie – bietjie gewig verloor darem, met tweedehandse kleertjies aan en ’n Faan se Trein-sak oor die skouer. Sittende op ’n ACSA-lughawebank.

Komende in die Kaap, was daar weer geen kommunikasie nie. 'n Onhoorbare aankondiging het my later laat navraag doen by 'n amptelike-looking persoon, wat my na die navrae buite die bagasie-area verwys het. 'n Samedromming van baie mense by 1 klein toonbankie, in ’n kamertjie, en die beloftes van vorms wat mens invul. Die verskyning van vorms later - by een enkele punt, en na die vorms ingegee is, weer by een enkele punt - die belofte dat ons bagasie gisteraand by ons huise afgelewer sal word.

Ek wag nou nog. Ek's agtuur uit PTA en eers naby vyfuur by my huis arriveer. Wie't gesê vlieg is vinnig?

So twee weke later …

KULULA: Jissou, ons styg op by Lanseria, en daar skop daai kaptein Viljoen briek; ek sweer jy hoor net tyres! Sy broadside daai plane dat hy op die volgende runway staan, brieke gelock - en daar staan ons. Maar 'n paar vinnige planne later en Lanseria gee ons gratis water in botteltjies, en Kulula gee ons elkeen 'n duur voucher - en daar vlieg ons met 'n ander tuig. Land laatnag in die Kaap. En daar gaan staan my kar net na die Vanguard-afrit op die N2. Ek bid, en bel. Ek bêre my beursie en my selfoon in my onderbroek en maak my reg vir vinnig hardloop. En nie lank daarna nie pas sers De Jager en inspekteur Van der Westhuizen my op. Binne 'n halfuur is die AA se Christo Boltney daar met die tow-truck, en toe ek nou-nou tuis kom, bel Vaughn van die AA net weer om te hoor of ek oukei is. Ek is. Ek lees in Die Burger van prof Jonathan, en een en 'n ander - en weet, daar's baie goeie mense en dinge.

En nog ’n week later …

BUDGET: Dis Vrydag die 13de, en nouja, ’n mens vlieg nie Budget nie. Maar as jy met ’n gehuurde motor inry by een van die JHB Internasionaal se twee parkeerareas, wees voorbereid met die volgende les: ken jou huuragentskap se naam. En selfs dan, wees voorbereid dat jy dalk later – baie later – jou bestemming sal bereik.

Ek's lekker betyds. Ek gooi die gehuurde motor vol petrol.

Ek huur by Tempest, maar die oranje kleure – seker maar sedert die WP teen die Vrystaat verloor het – steek vas in my kop en ek soek ’n Imperial-bordjie. Maar het hulle, of Budget of wie, nou weer saamgesmelt met Europcar?

So toe ek by die parkeergarages moet kies na watter vlak, sien ek niks van Imperial nie. So ek ry in, en vra. By die Budget-area – die eerste een waar ek beland – vra ek by die keëls vir ene Luthuli die volgende: "Is this Imperial?"

Hy dwing my ongeduldig in ’n rigting met die wuif van ’n hand – en antwoord baie, baie abrup: I know! (En wuif my ongeduldig voort!)

Ek ry deur, parkeer, laai my alles op ’n trollie en wys vir iemand – ook in die Budget-area - dié motor is vol petrol. Hy sê dadelik vir my die motor is nie van hulle nie en ek moet uitry, en om die hele gebou, en weer inry om op die volgende vlak te kom. Dis waar Imperial is. Ek vra: “Maar is dit die enigste manier om daar te kom? Ek gaan my vlug mis.” Ek wil huil.

Hy dui aan: dis die enigste manier.

Ek dink aan ander alternatiewe. Mens kan tog seker iemand sê? Maar wie? En as ek die kar daar los, is hy mos vir alle praktiese doeleindes weg!

Ek pak my alles terug in die ou Golfie, en ry.

Teruggekom, na die rit om die geboue, is ek op die 2de vlak, en daar weet niemand alweer waar Imperial is nie. Ek sê vir die ouer Europcar swart man: "Ek wil huil!" En hy sê: "Parkeer hier en gee my die sleutel." Ek doen dit. Ek verneem later dis ’n hoogs aanvaarde praktyk. Mens gaan laat net die sleutel by jou huurtoonbank. Ek rush. Ek is laat, en verpas my vlug net-net. Dalk – as ek geweet het – het ek my bagasie op my skouer gedra. Dan het hulle my dalk nog ingelaai.

Vir ’n Vrydag die 13de gebeur daarna baie goeie dinge. Maar hul word uitgekanselleer deur die slegtes. Ek is moeg en gatvol, maar ek loop maar met ’n smile. Ek gaan die maatskappy niks meer geld kos nie, so ek bly op "standby". Ek mis die kwart voor 4. My hoop is op die halfsewe. Ek probeer uitvis hoekom toevallig twee mense by Budget so ongenadig is. Ek besoek Luthuli. Nee, hy het ’n lang storie oor hoe gaaf hy sou word as ek nader aan hom sou stilhou. Die ander perd, wat my uit die gebou gestuur het, is weg.

Ek besoek James, die supervisor by Budget se toonbank. Hy luister en trek sy gesig styf. Hy bied my nie ’n stoel of ’n koffie aan nie. Ek kla in die naam van beter dienslewering. Ek wil die owerheid van Budget hiervan bewus maak. James gaan dadelik sy bestuurder bel, maar doen dit nie.

Ek besoek James weer; ontvang later ’n oproep van Heather. Hulle gaan my nie help nie, dis duidelik. Maar sy is gaaf genoeg. Dit gaan 2010 nie help nie. Dis duidelik.

Ieder geval, ek maak die vlug, sit gatvol tussen twee dooie doodstil mense.

In Kaapstad wil die looptonnel nie heg aan die vliegtuig nie, die vrou agter my slaan my amper uit as sy haar moerse tas uit die ruim tel, en my bagasie is nie waar dit moet wees nie.

Maar my koets breek nie weer nie en van daar af loop alles reg. Dis twaalfuur.

(My kredietkaartwaarskuwing waarsku my gister: Tempest, my huurmaatskappy, het R66 se petrol in die vol kar gegooi.)

*

Dis nou as mens nie gym nie, en verras gadeslaan hoe mense op die apparaat sit en rus, sit en chat, hul handdoekie daar hang en voertsek.

*

Ek sien Die Mannheimsage op TV. Ek sien die gesigte van die akteurs wat vandag oud is, en dit nie breed het nie; sommige wat al dood is … Frantz Dobrowski, wat weens die uitsigloosheid van ons werk selfmoord gepleeg het. Ek lees van ons Springbok-rugbykaptein, John Smit, se trane toe hy André Venter in sy rolstoel beleef het. Wat my herinner aan my trane wanneer ek uitvoerende kunstenaars sien vir wie dinge nie vlot nie; selfs jonges wie se drome nie dadelik waar word nie, wie se kaartjies nie verkoop nie; wie nie geleenthede kry nie.

Die regte ou op die verkeerde plek op die verkeerde tyd. Maar Springbokke van ons bedryf. Jissou, die land het baie talent!

*

Ek bied nou die dag as ’n eksperiment ’n dramawerkswinkel aan by De Kuilen-skool, en min is my verbasing toe ek die mees ongelooflik talentvolle kinders aantref. Maar weet hulle dit? Nee. Woon en leer hulle in ’n omgewing wat hulle bewus maak van die waarde van die uitvoerende kuns? Nee. Koester ons die uitvoerende kuns in ons land? Ek weet nie.

*

Helen van Eeden, hoof van die dramadepartement by Northlink in Panorama, vertel: Sy groet haar seun – oud-Egoli-ram, Gideon, wat na sy tuiste, vrou en baba in Nederland terugkeer. Dis net na 12 in die nag op JHB Internasionale Lughawe. Sy verskuif na die Mugg & Bean om daar te gaan sit en wag op haar Kaapse vlug tussen vyf en ses.

’n Zimbabwiese meisie, Juliana, werk daar om geld te verdien wat sy terugstuur na Zim – om die familie te onderhou. Weg van haar ouers, broers, susters en kinders. Sy nader vir Helen en vra haar hoekom sy so hartseer lyk. Sy luister, en spoor Helen aan om ’n warm drankie te drink. Sy keer later terug. Sy het gesien hoe weerloos, moeg en versigtig Helen is. “Slaap gerus met jou kop op die skootrekenaar; ek sal dophou,” sê sy vir Helen. Hulle pak al Helen se bagasie digby haar.

Juliana maak Helen later wakker en sorg dat sy eet. En bied aan om haar betyds wakker te maak om haar vlug te haal. Helen slaap weer saliglik. Juliana maak haar stiptelik wakker – met koffie.

“Sy is die engel wat oor my pad gestuur is,” sê Helen.

*

Nou, hierdie is ’n teaterrubbriek, so iets oor teater; meer as net die stelling oor die geweldige en onontginde talent by skole. Dit sluit dalk mooi aan by my vorige skrywe oor die gesegregeerde gemeenskap; niks met politiek te doen nie!

Seker so drie jaar gelede pak ek en Frank Opperman so drie tekste (eintlik rubrieke) van Dana Snyman. Dit handel oor ’n man wat by die huis sit nadat hy sy werk verloor het in die ou “nuwe” Suid-Afrika.

Frank vlieg hier na my toe, of land hier aan wanneer hy in die Kaap is vir ander werk. Ons repeteer lang dae, en uiteindelik lê die toets van die tyd voor (apologie aan die Glas Leeu-oom). Ons open op Potch by Aardklop.

Tussen medetoneelgeselskappe wat nie by hul beurt op die verhoog hou nie, ’n TV-kanaal se werknemer wat midde-in die stuk aan die slaap raak iewers op ’n solder en die saal se ligte met sy knik-kop aanskakel (toe leopard crawl hierdie ou army-hater, agter oor, en om die verhoog soos ’n Prawn Alien, om die fout op te spoor) en verrukte gehore, open ons. Dana se teks is tweede in die Anglo Gold Ashanti-kompetisie. Frank trek los en speel die stuk amper elke aand vir 18 maande.

En die SABC nooi hom: bring ons jou droomproduksie. En binne die bestek van ’n jaar dryf hulle hom teen die mure uit. Toe hy finaal gatvol is, vou die uitsaaier, gee die verantwoordelikhede aan verantwoordelike mense en siedaar, Pottie Potgieter is in wording vir SABC2.

Die verhoogproduksie het van die snaaksste, tot die mees sensitiewe, ernstige oomblikke, obviaasly belig met die mees impakryke rooi en wit ligte; daar was klank cues vir de vale – gehanteer deur Frank se Frankie-seun, en deur homself – wanneer hy in steeds groeiende beligtingsluim ("mood") eers vertel van die trein – en die ritme op Ore se lessenaar uittik met sy vingers; dan die hartklop – die rooi lig neem toe; dan die masjiengeweervuur – groot mans het in die komedie gesit en strome trane gehuil …

Wel, ek het met die TV-produksie weinig uit te waai, behalwe die kamee wat ek speel in een episode, maar ek kan elk en ’n ieder verseker: die komedie sal komedie wees, in die hande van Frank – die ou genius-skrywer, scheme-uitdinker, akteur en entrepreneur. Aan sy sy is André Scholtz, ons mees prolific filmmaker, as vervaardiger. En dan die rubriekskrywer wat ontpop het as TV-teksskrywer van formaat – Dana Snyman.

Die dag toe ek op stel was, was pure reünie. Behalwe vir die nimlike André Scholtz, was daar Frank, ek en André Odendaal (regisseur) – almal “produkte” van die destydse streeksrade; toentertyd almal saam by TRUK.

En Theola, ons impresario-grimeringsmeisie, en Frankie, Pa se seun wat my hier moes rondry …

Hier is ’n soort simbiose wat die bedryf nodig het. Ek sê mos – Frank vir minister van kultuur. Hou duime vas, en mag dit die voorloper wees van nog. En laaste, maar nie die minste nie - viva die “nuwe” SABC.

 

You can only predict things after they have happened. – Eugène Ionesco