Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA-Uitgewers


2009-12-01


Nuut by LAPA-Uitgewers
dié Desember:

Middernagfees, Wat doen Pappa?, My Eksperimenteboek, Sarah du Pisanie-omnibus, Net jy.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!


 

 

Kategorie: Kinderfiksie
Formaat:
Hardeband; 137 x 121 mm
Ouderdomsgroep:
9+
Illustrasies: Volkleur
ISBN:9780799345186



Klik en koop

Middernagfees
Skrywer: Jaco Jacobs, Illustreerder: Chris Venter

Is jy gereed vir ’n middernagfees? Vampiere, weerwolwe, ’n zombie-poedel, besoekers uit die buitenste ruim, ’n monstertoilet ... Dit is net ’n paar van die vreemde en vreeslike goed op die spyskaart in hierdie heerlike bibberboek!

Die skrywer
Jaco Jacobs het op Carnarvon grootgeword en woon deesdae in Bloemfontein. Meer as 40 kinder- en jeugboeke het reeds uit sy pen verskyn. Hy is reeds agt keer met die ATKV-kinderboektoekenning bekroon. Sy jeugroman Suurlemoen! is ook onlangs deur die Suid-Afrikaanse been van IBBY (International Board on Books for Young  People) aangewys as ereboek in die kategorie Afrikaans. Verdere toekennings sluit in die Alba Bouwer-prys en die CP Hoogenhout-medalje vir sy bundel rympies Wurms met tamatiesous.

Die illustreerder
Chris het op Tygerberg grootgeword. Hy studeer na skool grafiese ontwerp en verwerf sy graad in 2008 met meriete. Hy werk tans van die huis af as vryskut-illustreerder en sing ook in ‘n plaaslike koor vir jongmense. Hy eksperimenteer graag met verskillende mediums en style in sy werk. Middernagfees is sy debuutboek.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Middernagfees nou van Kalahari.net!


Kategorie: Kleuterfiksie
Formaat: Sagteband; 250 x 250 mm
Ouderdomsgroep:
3+
Illustrasies: Volkleur
ISBN:9780799345254

Klik en koop


Wat doen Pappa?
Skrywer en illustreerder: Rachel Bright

Diaan se pa is ’n brandweerman. Jodie se pa is ’n dokter. Ben se pa is ’n onderwyser. Maar wat doen Mia se pa? Sy weet hy het berge papierwerk, hy moet partykeer na vergaderings toe vlieg, en sy baas is ’n regte draak! Maar is hy ook ’n verkenner-
superridder
?

Die perfekte boek om met ’n ongelooflike pa te deel!

Wat doen pappa? is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700, of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Wat doen Pappa? nou van Kalahari.net!

Kategorie:
Kinder-niefiksie
Formaat: Hardeband; 285 x 280 mm
Ouderdomsgroep:
9+
ISBN:
9780799345216

Klik en koop

My Eksperimenteboek
Skrywer: Rosa van der Walt

Maklike, prettige stap-vir-stap-eksperimente vir jong wetenskaplikes. Maklike verduidelikings, volkleurfoto’s, verrassende resultate en fassinerende feite.

My Eksperimenteboek is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 4010700, of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik hier en koop My Eksperimenteboek
nou by Kalahari.net!

 

 

 

 

 

Kategorie:Omnibus
Formaat: Sagteband; 129 x 198 mm
ISBN: 9780799344868

Klik en koop


Sarah du Pisanie-omnibus
Skrywer: Sarah du Pisanie

Drie heerlike ontspanningsverhale in een omnibus deur die gewilde skrywer Sarah Du Pisanie
                     
Sarah du Pisanie se nuwe omnibus bevat twee oorspronklike verhale (Danskraal en Aandeel in liefde) en een wat heruitgegee word (Die meisie van Toekomspoort).

Danskraal en Aandele in liefde speel in die skrywer se geliefde Namibië af en Die meisie van Toekomspoort op ’n plaas in Suid-Afrika. Getrou aan haar skryfstyl is Du Pisanie se heldinne onkonvensioneel en plat op die aarde. Aanvanklik wil die helde niks van hulle weet nie, maar dit is juis hierdie eienskappe wat hulle harte wen.

Sarah du Pisanie het die grootste deel van haar lewe in die ou Suidwes-Afrika, nou Namibië, gewoon. In 1997 het sy daar afgetree. Dié land is in haar bloed, en sy skryf graag liefdesverhale met die ou Suidwes as agtergrond. Haar eerste romanse, Jakkalswater, het in 1981 verskyn. Sy en haar man, Johan, het in Desember 2008 hulle vyftigste troudagherdenking gevier. Die liefde, glo sy, oorwin inderdaad alles en is die mens se grootste anker. Haar drie kinders en sewe kleinkinders is haar groot vreugde. Haar eerste agterkleinkind word in Februarie 2009 verwag. Johan en Sarah woon deesdae op Olifantshoek in die Kalahari.

Die Sarah du Pisanie-omnibus is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 4010700, of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.

Klik hier en koop Sarah du Pisanie-omnibus nou van Kalahari.net!



Kategorie:
Romanse
Formaat:Sagteband; 129 x 198 mm
ISBN: 9780799344875


Klik en koop

Net jy
Skrywer: Rykie Roux

Twee gewilde romanses in een bundel

Rykie Roux het al 21 romanses geskryf. Haar bewonderaars is gaande oor haar emosiebelaaide stories en sal Net jy verwelkom. Dit is ’n heruitgawe van twee van haar gewildste romanses, Die flerrie en die advokaat en Lieflike leuenaar.

Die flerrie en die advokaat
Jans van Heerden kan skaars sy ongeduld bedwing toe hy hoor dat Anita Maree teenoor hom in ’n hofsaak gaan optree. Dit is Anita se eerste saak as advokaat en sy weet Jans is vlymskerp. Hoe skud sy haar reputasie as ’n flerrie af? Sy het die werk nodig en moet haar aangetrokkenheid tot Jans in bedwang hou.

Lieflike leuenaar
Anneke word in Saul Cordier se web vasgevang.Hy ken egter nie die volle waarheid nie. Sy’s nie ’n sakevrou nie, sy ontwerp en maak juweliersware. En sy het nié die idee van die ring gesteel nie. Hy weet nie van Die Toets nie. Hy weet nie sy’s nie Colette nie en sy durf hom nie sê nie, want hy hou haar tweelingsuster se toekoms in sy hand.

Rykie Roux woon naby Rayton saam met haar man en twee kinders. Voor die geboorte van haar kroos was sy redakteur van verskeie korporatiewe tydskrifte en het talle artikels en kortverhale vir bekende tydskrifte geskryf. Rykie geniet dit om haar man met ’n kwinkslag te laat lag, is dol op haar seun se ernstige, bruin oë as sy vir hom stories lees, haar dogter se hare as die son daarop val, Bosveldvure, om mense dop te hou en veral om romantiese stories in moderne Afrikaans te skryf wat vroue nie kan neersit nie.

Net jy is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars, asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 4010700, of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik hier en koop Net jy nou van Kalahari.net!