Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Kennisgewings | Notices

Holderstebolder bied aan: Skryfkompetisie


2009-11-24

Verjaarsdagkompetisie!!!

Sjoe, maar die tyd vlieg!!! Holderstebolder het in November 2008 sy eerste nuusbrief uitgestuur. Om ons verjaarsdag te vier, nooi ons julle hartlik uit na ons skryfpartytjie!

Stuur vir ons ’n storie, staaltjie, gediggie, letterversie of slagspreuk en jy staan ’n kans om ’n lekker boekprys geborg deur LAPA-uitgewers te wen! Pryse word toegeken aan afsonderlike ouderdomsgroepe. Skole met die meeste inskrywings kan ook ’n paar lekkerleesboeke vir hulle biblioteek wen.

Idees vir slagspreuke, gediggies en/ of letterversies - boekwurm, storiegedorie, leesgenot, holderstebolder, skrywerspen, AFRIKAANS!

E-pos inskrywings na admin@holderstebolder.co.za of stuur per slakkepos na:
Holderstebolder
Stellen Villa 1
Stellenryk
7550

Inskrywings moet ons bereik voor of op 30 November 2009.
Onthou om jou naam, ouderdom, telefoonnommer, posadres en skool se naam saam te stuur!

Liesbet Gelderblom
www.holderstebolder.co.za