Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Kennisgewings | Notices

Holderstebolder bied aan: Dramaklasse vir kinders (3jr. - gr. 7) en volwassenes


2009-11-24

Anna Emm Productions Dramaklasse
vir Mammas en Kleuters, Gr. R-7
MAMMAS & KLEUTERS

3-4 jariges
Afrikaanse Klas: LANGEBERG RIDGE, DURBANVILLE
Donderdae 10h00-11h00 Klas 9

Ons Visie:
Die visie van ons Drama Academy is om vir ons lede – oud of jonk – toneelspel as ’n kommunikasiemiddel aan te leer.
Die Mamma & Kleuterklasse fokus daarop om ’n nuwe manier van kommunikeer tussen ma en kind te
ontwikkel. Beweging, gesigsuitdrukkings, kuns, musiek en lyftaal word geoefen. Dit is groot pret en kwaliteit, gestruktureerde saam-wees tyd!

Inskrywings:
Die volgende word vereis voor of met die eerste klas:
* voltooide inskrywingsvorm
* eerste maand se fooie / jaar se fooie vooruit
Fooie vir 2009: (sluit ma en kind in)
R240 per maand x 11 maande (Feb. – Des.)
Betaalbaar voor die 5de van elke maand, of betaal van die jaar vooruit en kry 1 maand afslag!
Betaalbaar tydens inskrywing.
NB: ’n Boete van R60 sal by laat betalings gevoeg word.

Fooie sluit in:

  • lidmaatskapkaart vir ma en kleuter
  • 50% afslag op al ons teatervertonings
  • maandelikse A5 portfolio foto van ma en kleuter
  • alle kunsmateriale

GR. R - GR. 7

Durbanville Klasse:
Maandae 14h30-15h30 Klas 1
Maandae 16h00-17h00 Klas 2
Maandae 16h00-17h00 Klas 3
Lokaal: DURBANVILLE STADSAAL

Paarl Klasse:
Donderdae 14h30-15h30 Klas 4
Donderdae 16h00-17h00 Klas 5
Lokaal: OU MEULTEATER

Ons Visie:
Die visie van ons Drama Academy is om vir ons lede – oud of jonk – toneelspel as ’n kommunikasiemiddel aan te leer. By die Junior klasse word kinders geleer om hulself, hul emosies en hulle ervarings te kan vertel d.m.v. drama i.p.v. woorde! Dit is vir ons belangrik dat elke kind dit geniet en dat die klasse sy selfvertroue bou.

Inskrywings:
Die volgende word vereis voor of met die eerste klas:
* voltooide inskrywingsvorm
* eerste maand se fooie / jaar se fooie vooruit
* onlangse kleurfoto van kind

Fooie vir 2009:
R240 per maand x 11 maande (Feb. – Des.)
Betaalbaar voor die 5de van elke maand, of betaal die res van die jaar vooruit en kry 1 maand afslag!
Betaalbaar tydens inskrywing.
NB: ’n Boete van R60 sal by laat betalings gevoeg word.

Fooie sluit in:

  • lidmaatskap kaart
  • 50% afslag op al ons teatervertonings
  • 11x A5 portfolio foto’s
  • deelname aan “Showcase” elke kwartaal
  • alle kunsmateriale

Nota aan ouers:
Ons laat ongelukkig nie ouers in die lokaal toe tydens klasse nie. Ons het gevind dat meeste kinders gemakliker deelneem aan aktiwiteite en minder selfbewus is wanneer die ouers nie by is nie. Ouers word een keer per kwartaal die geleenteheid gebied om ons “Showcase” by te woon.

“Showcase”
Een keer per kwartaal – gewoonlik tydens die laaste klasse – gee ons vir ouers die geleentheid te gee om te sien wat hulle kinders tydens die kwartaal gedoen het, en ook om vir die kinders die geleentheid te gee om in ’n veilige omgewing voor mense op te tree.

Foto’s
Daar word elke maand ’n volkleur A5 foto van jou kind geneem wat as ’n “portfolio” opgebou word.
Gemaklikheid voor die kamera ’n aspek van drama wat ons ook graag vir die kinders wil leer. Die foto’s is ingesluit by die fooie, maar word maandeliks slegs huistoe gestuur indien die volgende maand se fooie betaal is.
Ons wil jou kind as unieke mens ontwikkel! Daar word geen druk op enige kind geplaas tydens die klasse nie, maar deelname word aangemoedig. Elke kind word blootgestel aan alle aspekte van drama en moet alles probeer, maar uiteindelik kan hy hom uitleef in die deel wat vir hom die lekkerste is - toneelspel, dans, beweging, decor, kostuums, grimering, stories
uitdink, ens. D.m.v. drama leer ons kinders dat elkeen sy eie indentiteit het. Wanneer dit by kreatiwiteit kom, is daar nie reg of verkeerd nie!

Meer inligting en inskrywingsvorms by http://www.holderstebolder.co.za/aspatatte/dramaklasse/.