Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Holderstebolder se Vita stories in Afrikaans om kinders te help met lewensvaardighede


2009-11-24

Wat is VITA STORIES?

Die VITA STORIES reeks bestaan uit 24 stories en inkleurprente wat spesiaal ontwikkel is om kinders met lewensvaardighede te help. Elke storie behandel ’n ander sosiale kwessie wat relevant is tot kinders in die ouderdomsgroep 5 tot 9. Die kwessie word dan verder aangespreek en behandel aan die hand van ’n lysie vragies oor die storie. Hierdie vragies is spesiaal gestruktureer om individuele gesprekke of klasgesprekke uit te lok en te stimuleer. Met behulp van die storie word hierdie kwessies aan kinders verduidelik in hulle eie taal, en op ’n baie “veilige” manier.

Watter onderwerpe word in die reeks aangespreek?

  • egskeiding
  • dood
  • vrees vir skool
  • vrees vir die donker
  • aggressiewe gedrag
  • depressie
  • mislukking
  • spanning
  • lae selfbeeld
  • skeidingsangs
  • siekte
  • mishandeling
  • ’n nuwe baba
  • groepsdruk
  • dwelms
  • boelies
  • eenkantkinders
  • vernedering

Hoe lyk die VITA STORIES-pakket?

Opsie 1

VITA STORIES op CD voorgelees (24 stories op 24 CD’s in ’n CD-houer)
PLUS ’n bundel geringbind met die 24 stories uitgedruk vir voorlees, vragies oor die stories, agtergrondinligting oor die onderwerpe en 24 inkleurprente.
Prys: R950 (sluit sluit verpakking, aflewering en 14% BTW in)

Opsie 2

VITA STORIES in ’n HARDEKOPIE BUNDEL geringbind met die 24 stories uitgedruk vir voorlees, vragies oor die stories, agtergrondinligting oor die onderwerpe en 24 inkleurprente.
Prys: R600 (sluit sluit verpakking, aflewering en 14% BTW in)

Ook beskikbaar in Engels

Meer inligting en bestelvorm by http://www.holderstebolder.co.za/aspatatte/vitastories/.