Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Boekklub vir kinders en tieners


2009-11-24

Holderstebolder Boekklub

Mal oor boeke? Jy sal mal wees oor ons BOEKKLUB!

Vir slegs R160 per maand (insluitende posgeld en verpakking) stuur ons vir jou kind twee opwindende Afrikaanse boeke van die land se topuitgewers. Kleintyd is die perfekte tyd om ’n liefde vir lees by jou aspatat te kweek of sleep jou tiener weg van die televisie met ’n spanningsvolle riller.
Die boeke word in die middel van elke maand, vanaf die maand wat jy jou bestelling plaas, deur middel van die Suid-Afrikaanse posdiens aan jou gestuur. Die boeke kan aan jou kind geaddresseer word.

Ouderdomskategorieë:

• Babas (6 tot 18 maande)
• 18 maande tot 3 jaar
• 3 tot 5 jaar
• 5 tot 7 jaar
• 7 tot 9 jaar
• 9 tot 11 jaar
• 11 tot 13 jaar
• tieners
Jy kan twee verskillende ouderdomskategorieë kies en een boek sal vir elke ouderdomskategorie gestuur word.

Hoekom Holderstebolder Boekklub?

  • Holderstebolder Boekklub se boeke word uitgekies deur mense met ’n passie vir lees, boeke en stories; veral kinderboeke en jeugverhale.
  • Die boeke wat ons stuur is van topgehalte en die land se mees toonaangewende uitgewers.
  • Ons evalueer elke boek voordat ons dit stuur om seker te maak jy ontvang slegs die beste boeke. Ons stuur ’n verskeidenheid van storieboeke, prenteboeke en nie-fiksie.
  • As jy regtig egtig nie van die boek hou wat ons vir jou kind gestuur het nie, kan jy dit binne 14 dae vir ons terugstuur (in dieselfde toestand as waarin jy dit ontvang het) en ons sal dit vervang. Ons enigste voorwaarde is dat jy ons laat weet hoekom jy nie daarvan gehou het nie om ons te help om ons diens te verbeter.

Hoe werk dit?

  1. Voltooi die aansluitingsvorm by http://www.holderstebolder.co.za/boekklub/, stuur dit vir ons per e-pos en ons stoor die inligting.
  2. Ons verskaf ons bankbesonderhede.
  3. Jy betaal voor die 10de van elke maand R160 oor in ons rekening (Betaal elektronies of voeg R15 by die totaal vir ’n direkte deposito). Jy kan self reël vir ’n debietorder.
  4. Ons bankstaat reflekteer jou betaling (met KLUB en jou kind se voorletters en van as verwysing)
  5. Ons stuur vir jou ’n spoornommer per e-pos wat jy kan volg by www.sapo.co.za om seker te maak die boeke arriveer.

Wat gebeur as die boeke wegraak in die pos?

As dit nie moontlik is om jou pakkie op te spoor nie en dit duidelik is dat dit verlore geraak het of gesteel is, vervang ons die boeke.

Wat gebeur as ek nie meer aan die boekklub wil behoort nie?

Jy kan enige tyd jou lidmaatskap kanselleer, jy hou net op om te betaal en stuur vir ons ’n e-pos met jou besonderhede na admin@holderstebolder.co.za sodat ons jou kind van die databasis kan verwyder. As jy ’n debietorder het, word jy self daarvoor verantwoordelik gehou om dit te kanselleer.

Kan ek aansluit as ek in die buiteland woon?

Jy is welkom om aan te sluit, maar sal R200 ekstra per maand moet betaal vir posgeld …
Kontak ons gerus by admin@holderstebolder.co.za om aan te sluit of met enige verdere navrae.