Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats

Bring ’n geliefde huis toe vir Kersfees!


2009-11-19



KuduClub, in samewerking met die ATKV, Jukebox, KykNET, OFM en Rapport, bied vir ’n Suid-Afrikaanse gesin ’n wonderlike Kersgeskenk – die geleentheid om ’n geliefde in die buiteland huis toe te bring vir Kersfees.

Met die besef dat die feesseisoen nie altyd so feestelik is vir Suid-Afrikaners wat in die uithoeke van die aarde woon en huis toe verlang nie, het KuduClub – die aanlynbetaalkanaal wat die beste Suid-Afrikaanse vermaak bied – met die blink gedagte vir die veldtog Tuis vir Kersfees vorendag gekom. 

Een gelukkige individu en sy/haar metgesel staan die kans om twee retoerkaartjies na Suid-Afrika te wen. Die KuduClub-span sal die wenner en metgesel gaan haal waar hulle hul ook al bevind en terugbring huis toe. Op 22 Desember 2009 sal hulle op die vliegtuig wees op pad Suid-Afrika toe. ’n Wit Kersfees is sekerlik ’n belewenis, maar daar is niks soos Kersfees in sonnige Suid-Afrika met al die familie saam om een tafel nie.

“Die hoeveelheid Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon en deur KuduClub na Jukebox kyk en liedjies vir familie en vriende by die huis versoek, het ons laat besef daar is baie van hulle die wêreld vol wat bitter graag sal wil huis toe kom vir ’n sonnige Kersfees,” sê Andries Vrey, algemene bestuurder: Afrikaans (DStv Online). “Die feesseisoen is ’n tyd wanneer families tradisioneel bymekaarkom en feesvier en dit is net so vir die KuduClub-gemeenskap. Dit is vir ons ’n vreugde om vir die gelukkige wenner van Tuis vir Kersfees dit moontlik te maak om Kersfees by die huis te wees.”

Besonderhede:

Om deel te neem aan die kompetisie SMS* die woord KERSFEES en jou naam na 34585. Of besoek www.kuduclub.com om aanlyn in te skryf.

Inskrywings sluit om 12:00 op 25 November 2009 waarna die publiek kan stem om die finale wenner te kies. Die wenner, wat op 6 Desember tydens die regstreekse uitsending van Jukebox op kykNET aangekondig sal word, moet beskikbaar wees om op 22 Desember na Suid Afrika te reis. Vir meer inligting, asook terme en voorwaardes, besoek www.kuduclub.com.

 * R2 per SMS. Gratis SMS’e geld nie.