Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Nuwe boeke | New books > Afrikaans

Nuwe boeke by LAPA-Uitgewers


2009-11-03


Nuut by LAPA-Uitgewers
dié November:

Mensgemaakte wonders van Afrika, Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies , Vir altyd, Los ons uit!, Die mooiste dierestories.

Klik op boekomslag en bestel hierdie boeke nou by Kalahari.net!



Kategorie: Niefiksie
Formaat:
Sagteband; 260 x 210 mm
ISBN:
9780799345247




Mensgemaakte wonders van Afrika
Dawid van Lill

’n Huldeblyk aan die mensdom se stempel

Die langverwagte opvolg van Wonders van Afrika en ookdie vierde in die Wonderlike-reeks van Dawid van Lill.

In hierdie boekval die kollig op die meer as een miljard mense wat in Afrika tuis is, en op alles wat hulle gedoen het om hul onuitwisbare stempel op dié vasteland af te druk.

Dit het alles duisende jare gelede begin, toe die eerste mense skulpe en ander materiaal uit hul omgewing begin gebruik het om hul lewe makliker te maak. In dié tyd het die oorspronklike Afrikane ook hul stories teen die mure van hul grottuistes begin teken.

’n Oorsig oor die verskillende aspekte van die lewe in Afrika word gegee:

  • van die uitgestrekte stede tot die duisende aanbiddingsplekke
  • ingenieurswonders soos damme en ander geboue, en selfs unieke vuurtorings
  • monumente en standbeelde wat oral in en om Afrika voorkom
  • kortom, alles wat die storie van Afrika se mense vertel.

Mensgemaakte Wonders van Afrika is nie ’n omvattende gids oor die prestasies van Afrika se mense nie. Dit is ’n klein huldeblyk aan die teenwoordigheid van ’n verstommende verskeidenheid mense en wat hulle gedoen het.

Die boek is ook in Engels beskikbaar as Man-made Wonders of Africa.

Ander in die reeks: Wonderlike Afrika, Wonderlike diere van Suid-Afrika en Wonders van Afrika.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Mensgemaakte wonders van Afrika nou van Kalahari.net!




Kategorie: Kookkuns
Formaat: Sagteband; 280 x 210 mm
ISBN: 9780799344974

 




Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies
Heleen Meyer

Resepte ideaal vir die hele gesin
maak ma se lewe maklik

Die bekende roep "Kos is op die tafel!" uit die kombuis ken ons almal. En ten spyte van besige lewens bly dit lekker om met goeie kos saam met familie en vriende aan tafel te kuier.

Die resepte in Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies is ’n kombinasie van eie gunstelinge en resepte waarvoor familie en vriende telkemale vra. Daar is iets onweerstaanbaar aan tuisgemaakte kos en die meeste resepte is maklik, eenvoudig en net lekker kuierkos. Benewens die meer as 150 resepte word raad vir die gesin se weeklikse kosbeplanning ingesluit, asook spyskaarte en inkopielysies. Die moeilikheidsgraad en tydsduur van die resepte word aangedui. Daar word ook aangedui wanneer resepte geskik is vir  kinders en/of vegetariërs.

Heleen Meyer is ’n bekende in Suid-Afrikaanse koskringe. Sy was assistent-kosredakteur by Sarie, en is die afgelope nege jaar by AMC Classic betrokke met resepontwikkeling en kosdemonstrasies. Sy was in 2008 verantwoordelik vir die samestelling van Onthoukos, wat die derde plek in die Gourmand Internasionale Kookboekkompetisie – Eerste Boeke-kategorie verower het. Die SABC 2-program Pasella, asook kykNet se program Roer!, het haar al besoek en van haar resepte is in die resepteboek Roer! met die sterre gepubliseer.

Die afdelings is:

  • Nuttige notas (omskrywings, omskakelingstabel en tweetalige lysie uit die spens)
  • Ligvoets (ligte etes)
  • Uit die groentetuin (groente- en bygeregte)
  • Vullend sonder vleis (vegetariese geregte)
  • Vere maak nie die voël nie (hoender en pluimvee)
  • Affie plaas (bees-, lam-, vark- en ander rooivleis)
  • Soos ’n vis "uit" die water (vis en seekos)
  • Ietsie ekstra (souse, patees, drankies, ander lekkertes en kombuiswenke)
  • Manjifiek na die maal (nageregte en gebak)
  • Maak jou lewe maklik (spyskaarte en inkopielysies).

Kos is op die tafel! is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700, of besoek ons webblad by www.lapa.co.za.

Klik hier en koop jou eksemplaar van Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies nou van Kalahari.net!

 

Kategorie:
Romanse
ISBN: 34780263

 

Klik en koop

Vir altyd
Marijke Greeff

Marijke Greeff wen in 2008 dieATKV-Woordveertjie vir romanses met Seerower vir Shakira. Marijke weet presies wat haar lesers wil hê en skryf met oorgawe in dié genre wat duisende wêreldwyd bekoor.

Vir altyd is ’n heruitgawe van twee van Marijke Greeff se gewildste romanses, Formuleliefde en Sewe beloftes.

Formuleliefde
Jarod Hunter word nie verniet "Die Jagter" genoem nie. Dié formule-een-wêreldkampioen verpes die media, en Catherine is juis ’n joernalis – met die opdrag om sy verlede oop te krap en sappige brokkies aan haar lesers op te dis. Jarod weet nie sy is ’n verslaggewer nie en laat haar onder vals voorwendsels naby hom toe. Totdat hy agterkom dat sy ’n lid van die media is en hy sy intiemste besonderhede op haar koerant se voorblad lees.

Sewe beloftes
Tien jaar gelede het Chelsey uit Los Angeles weggevlug van die man wat skuldig was aan die grootste verraad denkbaar. Haar groot en enigste liefde, net heeltemal onbetroubaar. Sy gaankruip op Phomona weg om in vrede te skryf, weg van die pers, van die stories oor haar pa en haar Hollywood-aktrise-ma. En weg van Shane Morgan. Toe sy hoor haar egskeiding was nooit wettig nie, besef sy dat hy haar lewe steeds in chaos kan dompel. Veral toe hy weier om wel van haar te skei.

Marijke Greeff is in Middelburg, Kaap, gebore, maar het in die Vrystaat skoolgegaan. As streeksbibliotekaris op De Aar het sy agtergekom dat lesers mal is oor romanses en het self begin skryf. Sy woon deesdae op Kroonstad, waar sy sekretaresse is by ’n skool. Marijke is mal oor die winter, lees, skryf en die Karoo. In 2004 het sy die LAPA-toekenning gekry met haar eerste historiese romanse, Esmeralde. Zeza en die prins is haar jongste historiese romanse en speel in die ou Kaap af.

Vir altyd is beskikbaar by toonaangewende handelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers by 012 401 0700, of besoek ons webblad by www.lapa.co.za

 

Klik hier en koop Vir altyd nou by Kalahari.net!


Ouderdomsgroep: 3+
Kategorie: Kleuterfiksie
Formaat: Hardeband; 297 x 210 mm, volkleur-illustrasies
ISBN: 9780799345063

Klik en koop


Los ons uit!
Skrywer: Martie Preller
Illustreerders: Erica en Andries Maritz

Diep, diep in ’n donker bos,
waar die son net soms deur die takke loer,
woon die Babalela en al sy maats.

Op ’n dag kom ’n klomp mense met vangnette en toue. Hulle wil die Babalela en sy maats vang. Meermoskat, Knortand, Potifant, Wrrrumpie en die Fripperwakkies is baie bang. Maar die Babalela het ’n plan. Hy gaan nie toelaat dat enigiemand hulle weer in bokse sit nie ...

Los ons uit! is die derde boek in die immer gewilde Babalela-reeks, waarvan daar reeds meer as 40 000 boeke verkoop is!

Die reeks

  1. Babalela
  2. Diep, diep in `n donker bos
  3. Los ons uit!

Die skrywer

Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela, Diep diep in 'n donker bos. Daar het al meer as 50 kinderboeke uit haar pen verskyn.

Die illustreerders

Die illustreerders, Andries en Erica Maritz, is twee talentvolle Suid-Afrikaners wat tans vir Disney in Australië werk. Hulle woon in Sydney saam met hul 17-jarige dogter, twee katte en ’n hond. Erica is ’n ywerige leser, en Andries teken graag ... dis nou afgesien van sy beroep.

Die Babalela-reeks is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700, of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.

Klik hier en koop Los ons uit! nou van Kalahari.net!



Ouderdomsgroep: 7+
Kategorie: Kinderfiksie
Formaat: Hardeband; 210 x 280 mm
Illustrasies: Volkleur-illustrasies

ISBN: 9780799345179


Klik en koop!!

Die mooiste dierestories

Skrywer: Wendy Maartens
Illustreerders: Natalie en Tamsin Hinrichsen


Die boek
Al jou gunsteling-dierestories in ’n pragtige volkleurboek!
Klassieke stories soos:
Haas en Skilpad hardloop resies
Die gans wat goue eiers gelê het
Plaasmuis en Stadsmuis
Olifant en Seekoei trek tou
Jakkals, Kraai en die stukkie kaas

Die skrywer
Wendy Maartens het grootgeword in Worcester, waarna sy in George skoolgegaan en gematrikuleer het. Sy bevind haar tans in Somerset-Wes, waar sy, haar man en hul katte ’n liefdevolle en vreedsame bestaan voer. Sy put vreugde uit die klein dingetjies in die lewe en is ontsettend dankbaar vir haar vriende en familie. Haar werk sluit in Lena se bottelboom en ’n Ster met strepe.

Die illustreerders

Tamsin Hinrichsen
Tamsin het grootgeword in Kaapstad, waar sy vandag nog woon en werk. Sy het grafiese ontwerp studeer en direk na haar studies met illustrasiewerk begin. Sy het reeds verskeie kinderboeke illustreer. Sy luister graag musiek terwyl sy werk en geniet videospeletjies in haar af tydjie.

Natalie Hinrichsen
Natalie het in Kaapstad grootgeword. Sy woon en werk tans in Plumstead as kinderboekillustreerder. Sy het reeds verskeie kinderboeke geïllustreer en in 2005 die Vivian Wilkes-toekenning vir haar werk ontvang. In haar vrye tyd speel sy viool en lees graag.

Klik hier en koop Die mooiste dierestories nou van Kalahari.net!