Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Songs of Praise in die ZK Matthews-grootsaal, Unisa, Pretoria - Sondag 25 Oktober 15:00 Fleur du Cap palm 2de WINE tydskrif Sauvignon Blanc Top 10 benoeming in


2009-10-27

Fleur du Cap, alombekend vir sy bekroonde Sauvignon Blancs van deurlopende hoogstaande gehalte, het weer eens sy slag gewys as een van Suid-Afrika se voorste produsente van dié kultivar met die uitsonderlike Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2009 Limited Release wat as een van die top 10 wyne benoem is by vanjaar se WINE tydskrif Sauvignon Blanc Top 10 kompetisie.

Dié elegante Sauvignon Blanc is wynmaker, Pieter Badenhorst, se tweede staatmaker wat die eer te beurt val om as een van die top 10 uitgesonder te word. Die Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc Limited Release 2009 wat 4 ½ sterre ingepalm het, was een van 226 deelnemers wat meegeding met om ’n plek in die top 10.

Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc Limited Release 2009 is gemaak van druiwe wat met die hand gepluk is van terroir-spesifieke wingerde in Lutzville en Darling. Regdeur die hele wynmaakproses is die sap of wyn met so min as moontlik inmenging hanteer om sodoende die delikate Sauvignon blanc geure te behou. Nougesette seleksie en versnyding het verseker dat die wyn waarlik die titel “Limited Release” gestand doen.

“Die wyn is skitterend helder met groen rante. Die gedeelte van die wyn afkomstig van Lutzville dra hoofsaaklik by tot die groen soetrissie, stowwerige en grasagtige geure op die neus, terwyl die Darling porsie bydra tot die volheid van die wyn op die palet. Die goed gestruktureerde wyn het ’n perfekte balans tussen suurgehalte en suiker met ryk vrugtegeure wat heerlik talm op die smaak,” is hoe Pieter dié top wyn beskryf.

Die Sauvignon Blanc is die perfekte wyn vir soel somersdae en die ideale pasmaat vir groenslaaie en seekos soos vars oesters, maar is ewe lekker saam met witvleisgeregte.

Fleur du Cap Unfiltered Sauvignon Blanc 2009 Limited Release is teen ongeveer R120 per bottel beskikbaar by Die Bergkelder se wynwinkel en uitgesoekte boetiekwynwinkels.