Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Menings | Opinion > Rubrieke | Columns > Afrikaans > Fanus Rautenbach: Umfaanus

Haai Sosati en Boere-sosaties


Fanus Rautenbach - 2009-10-22

(Ook van die Kretie en die Pletie tot by Skorriemorrie )
 
’n Sosatie is vleisrepies
in kerrie en kruie ingelaai
daarna aan stokkies ingeryg
en op die kole gebraai.
 
Alle grappies op ’n stokkie
Dit is ’n Boeresosatie
Maar in Maleisiese kerrie
Is dit Boere-monatie
Nog lekkerder is Franse mayo
Engelse mosterd, Hollandse kaas
Griekse olywe
Maar Spaanse Valencias is die baas
Daarby kom ook Kaapse wyn
Portugese peri-peri
Dit is onbekend
Vir die pletie en die kretie
Wat van Joodse gefillette vis
Amerikaanse ketch-it-up
Ook nog Turkse malvas
En Afrika se Pap?
 
Dit is aan die een kant
Aan die anderkant, moenie pratie,
Want hier kry ons die hoë elite
Ons noem dit Haai-Sosati
 
Om dit te verduidelik:
Die Titanic is gebou deur Professionele Seurs
Die Boere-Sosaties het met De Riiger en kie gekom
Maar die Ark is gebou deur amateurs
Ons moet ook van De Goede Hoop
En die Dromedaris praat:
Maar die Haai-Sosati's
Het hul eie boot gehad!
 
Wat is nou die verskil:
’n Haai-Sosati is uitverkore
hulle het die regte ouers gekies
Die Boere-Sosatie is beskore
Hulle is uitwans uit vies
Want hulle is aan die Suidpunt
Van Afrika geplant
Om die Lig aan almal te verkondig
Aan miljoene van die land
Die Haai-Sosati daarenteen
Probeer dit te vermy
Om die Lig aan die miljoene
Te bring en te versprei
 
Die Haai-Sosati bring die beskawing
Die Boere sê dis taf
Die Haai-Sosati skakel ligte aan
Die Boere skakel die donker af
 
Die Haai-Sosati se ideaal is om ryker te word
Die Boere-Sosatie om nie armer te word nie
Die Boere-Sosatie eet net Klipsop
Die Haai-Sosati ken nie eens Gort nie
 
Die Haai-Sosati hou die heidene in die donker
En word nog ryker deur hul werk
Die Boere-Sosatie bid Sondae vir die heidene
En hou in motorhuise Donderdae vir hul bediendes kerk
 
Die Haai-Sosati pleeg die donker sonde
Met die donker heidene, tog so skugter
So teel hul onomwonde
Die donker heidene ligter
Die Boere-Sosaties foeter
Die donker heidene in die donker
En dan ry die heidene
Met Bloutrein al hoe dronker
Die Haai-Sosati sal die heidene
Met geld betaal in die aand
Die Boere-Sosatie sal hul ook betaal
Met ’n groter sak mieliemeel per maand
 
Die Haai-Sosati se name sal in die boeke
Van Suiwer Afrikaners verskyn
Terwyl die Boere-Sosaties se name
Uit die Super-Boek verdwyn