Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Onderhoude | Interviews > Jong expats | Young Expats

Jong expats: Carla Botha vertel ons van Dubai


Imke van Heerden - 2009-10-21

Waar woon jy nou en is die gras wel groener daai kant?

Op die oomblik al 'n maand in Dubai. Groener gras? Watse gras? Op 'n ernstiger noot: ek kan nie my pragland Suid-Afrika vergelyk met wat ek op hierdie stadium hier leer, sien en ervaar nie. Ek is 'n volbloed-patriot, so hierdie deel van my lewe is net tydelik - ek kom terug huis toe sodra my bankrekening sterk staan.

Hoekom het jy Suid-Afrika verlaat? Beplan jy om terug te kom?

Die toergogga het my gebyt en ek het ál nege provinsies in Suid-Afrika gesien en deur getoer - dis nou tyd vir die buiteland verken. Ja, ek kom terug!

Vertel ons bietjie meer van jou beroep.

Dis verskriklik intens. Onderwys (soos die meeste mense sê, 'n halfdag-werk - I wish). Ek is die LO-juffrou wat seker maak die lui kinders doen iets.

Wat van Suid-Afrika laat jou lag en wat laat jou huil?

Daar is baie wat my laat lag - van politiek tot polemiek op Glitterati ... Huil? Dat 'n pragland so onder misdaad moet ly.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

My taal.

Hoe reageer mense as hulle uitvind jy is Suid-Afrikaans?

Baie positief. Hul vra graag uit oor ons land en natuurlik oor die Sokkerwêreldbeker 2010.

Waar in die stad/land waar jy tans woon, kuier jy graag - en wat doen jy in jou vrye tyd?

My gunsteling-kuierplek op dié stadium is sekerlik enige plek op Jumeirah Beach Resort. Dis baie upper class. Nee, ek is nie 'n snob nie, maar enigiemand wat van motors en motorfietse hou, sal al die limousines, Audi R8's, Harley Davidsons, Bentleys en Ferrari's vreeslik geniet. En dan is daar die drankies op die pragstrand met die sonsondergange wat ongelooflik is.

Jy kan 'n Afrikaanse sanger of band nooi om daar op te tree; wie kies jy?

Oi! Dis nou 'n moeilike ene ... Sal 'n muntstuk moet opskiet tussen Chris Chameleon en Lise Beekman.

Wat is jou gunsteling-kossoort, -produk of iets soortgelyks wat jy daar kan kry wat nie hier beskikbaar is nie?

Tabouli - alhoewel mens dié pietersieliegereg self kan maak. Dieselfde produkte is maar deesdae orals verkrygbaar wêreldwyd (of so kom dit voor hier in Dubai).

Sou jy Suid-Afrikaners aanmoedig om daar vakansie te hou? Indien ja, wat kan hulle eenvoudig nie misloop nie?

Ja, Dubai is bekostigbaar en pret. Moenie Atlantis Waterpark of die Hatta-bergreeks misloop nie.

Jy is gestrand op 'n eiland. Jy het drie Suid-Afrikaanse items van die sinkende skip gered. Wat het jy gekies?

Ouma-beskuit, Aqua Fresh Berry-tandepasta, 'n bottel Boschendal Blanc de Noir.

Wat is die hoogtepunt van jou verblyf in die buiteland?

Ek betaal nie daarvoor nie en dis reg oorkant Ski Dubai en The Mall of Emirates.

Wat is die vreemdste ding wat jy al daar teëgekom het?

Ramadan en Moslem-mans wat staar omdat jy minder klere as hul vrouens dra ...

Enige interessante tendense waarvan jy ons wil vertel?

Moslem-mans mag in die openbaar loop en handjies vashou, terwyl meeste Moslem-vrouens glad nie afgeneem mag word met 'n kamera nie en ook nie hul gesigte mag openbaar vir ander mans om te sien nie.



<< Terug na die Jong expats-blad <<