Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Stormsterkte tref Windmeul met toekennings en plaasmark


2009-10-20

Windmeul Kelder het die afgelope drie maande heeltemal uitgestaan met vele prestige toekennings vir sy wyne, onder meer ’n top presteerder by die 2009 Veritas Toekennings met twee dubbelgoud en een goud medalje, Absa Top 10 Pinotage wenwyn, vyf goud medaljes by die Michelangelo Internasionale Wyntoekennings, twee Diamant Trofeë by die Winemakers’ Choice Toekennings, vierster by WINE tydskrif se Shiraz Uitdaging, die gunsteling wyn van die verbruikersproe by die Paarl Shiraz Uitdaging en die Paarl Streek se Chardonnay Kampioen by die SA Jongwynskou.

Dit is werklik uitsonderlik vir een wynkelder om soveel toekennings in so ’n kort tydperk in te palm. Boonop is die Windmeul Pinotage Reserve 2008 die enigste Pinotage wyn wat vanjaar beide ’n Absa Top 10 Pinotage wenner was en ’n dubbelgoud Veritas Toekenning ontvang het, en dit was ook die enigste Pinotage wat met ’n Diamant Trofee by die 2009 Winemakers’ Choice Toekennings bekroon is.

Met die resessie wat klou, het die kreatiewe wynspan van Windmeul Kelder besluit om vanjaar op Saterdag, 7 November ’n maandelikse plaasmark in hierdie historiese wynkelder se wynsentrum aan die noordelike hange van Paarlberg te open. Die opening van die Windmeul Plaasmark is op dieselfde dag as die 2009 Windmeul Waterblommetjiefees en die potjiekoskompetisie met waterblommetjies as die tema. Vars produkte soos onder meer vleis, konfyte, olywe, olyfolie, kaas, groente, vars gebakte brood, heuning en eiers is direk vanaf die verskaffers te koop, terwyl die Windmeul wynreeks beskikbaar is in die proelokaal.

Altesaam 25 spanne neem deel aan die potjiekoskompetisie en die beoordeling word deur ’n kundige paneel gedoen, met spesiale pryse vir die beste waterblommetjiepotjies. Musiek, vliegtuigmeelbomme, ’n wyntent en kontantkroeg skep die atmosfeer.

Dit is ’n herlewing van die geskiedkundige deel van die wynkelder. Die windmeul waarna die kelder vernoem is, was tussen 1884 en 1890 opgerig in die area wat oop is na die weskus se kant om sodoende genoeg wind te vat, min wetende dat die koeler ligging dekades later as prima wynbouterrein benut sal word. Van die eerste druiwe hier is deur die Franse Huguenote geplant. Die windmeul was destyds vir jare die kern van die ekonomie in die Paarl gebied, maar na ’n verwoestende storm in die vroeë neëntigs en die ekonomiese resessie na die Anglo-Boere-oorlog, het die windmeul ophou funksioneer. Vandag is Windmeul Kelder die voortlewing daarvan.

Vir meer inligting oor die opening van die Windmeul Plaasmark en die gepaardgaande Windmeul Waterblommetjiefees en deelname aan die potjiekoskompetisie, skakel 021 869 8100, e-pos suretha@windmeul.com of besoek www.windmeulwinery.co.za.

Onlangse toekennings: Windmeul Pinotage Reserve 2008 (Dubbelgoud Veritas, Absa Top 10 Pinotage wenner, Diamant Trofee Winemakers’ Choice, Goud Michelangelo Toekenning), Windmeul Cape Blend 2008 (Dubbelgoud Veritas Toekenning, Diamant Trofee Winemakers’ Choice, Goud Michelangelo Toekenning), Windmeul Cabernet Sauvignon Reserve 2008 (Goud Veritas Toekenning, Goud Michelangelo Toekenning), Windmeul Shiraz Reserve 2008 (Verbruikerskeuse by Paarl Shiraz Challenge, Top 10 en vier sterre by WINE magazine Shiraz Challenge, Goud Michelangelo Toekenning), Windmeul Shiraz 2008 (Goud Michelangelo Toekenning).