Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Prinsloo versus


2009-10-20

Skrywer/Author: Meyer, Adriaan
Price per Unit (piece):R175.00

Binding: Sagteband
Illustrasies: Geen
ISBN: 9781869192525
Publikasiejaar: 2009
Bladsye: 144

Koos Prinsloo, wat in 1994 in die ouderdom van 37 jaar oorlede is, kan met reg as ’n James Dean van die Afrikaanse letterkunde beskou word: ’n ikoniese figuur wat te vinnig, te gevaarlik geleef en te vroeg gesterf het. Byna drie dekades ná die verskyning van sy eerste bundel en vyftien jaar ná sy dood, eggo sy stem steeds oor die grense van sy tyd en oeuvre heen – en dis in hierdie weerklank wat die toneelstuk Prinsloo versus gestalte vind.

Prinsloo versus is nie ’n elegie aan Koos nie, maar die postmoderne vergestalting van ’n persoonlike tragedie, uitgespeel op private en openbare; persoonlike en artistieke slagvelde. Dis ’n veelvlakkige collage oor ’n kunstenaar wie se lewe en werk kwalik met ’n suikerlagie bedek kon word; wat gerebelleer het teen ’n patriargale kultuur en ’n diep weersin in alle vorme van outoriteit getoon het.

Soos ’n briefskrywer in Die Burger van 24 Oktober 2003 op die eerste vertoning van die stuk gereageer het: “Ek kon nie anders as om te dink dat Koos, waar hy ook al is, met ’n sardoniese glimlaggie sit en kyk na dié stuk nie.”