Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

Clinton V du Plessis se nuutste digbundel, Gedigte, talk show hosts & reality shows, is nou beskikbaar


2009-10-08

Clinton V du Plessis se nuutste digbundel, Gedigte, talk show hosts & reality shows, is nou beskikbaar. Du Plessis se vorige digbundel het in 1996 verskyn. In sy nuutste bundel is hy steeds besig om ondermynend te werk met konsepte soos die estetika van boeke, taal en poësie. As jy vooropgestelde idees oor enige van die konsepte het, vermy dan liefs die publikasie.

Die bundel sal nie in boekwinkels beskikbaar wees nie en is uitgegee deur Ama-Coloured Slowguns. Dit kan bestel word teen R100,00 by Posbus 547, Cradock, 5880. Vir meer besonderhede, kontak die skrywer by : clintonvduplessis@gmail.com