Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Rubrieke | Columns > Annie Klopper: Rockjagter

aKING stel die musiekvideo vir “You and I” bekend: Foto’s en vrede


Annie Klopper - 2009-10-08

Met die luister van aKING se jongste album, Against All Odds, het die snit "You and I" dadelik uitgestaan. Die gevoel van die lied vang iets vas wat nie noodwendig direk eweredig aan woorde loop nie. Dis terselfdertyd triomfantelik en nostalgies, pragtig en wroegend. Dit is vir hierdie snit wat die groep onlangs Argentinië toe is saam met regisseur Eban Olivier om 'n musiekvideo te skiet tussen grafstene, ou mure, wit lakens, grys strate en Buenos Aires se tango-klubs. Terwyl voorsanger Laudo Liebenberg sy hart aan 'n beeldskone dame oopvlek, lyk hy en die res van die groep oor die algemeen deur die loop van die video redelik melancholies. Selfs 'n dansparty kom gedemp voor. Hulle lyk asof hulle slegte nuus gekry het, maar steeds die lewe vier. Want hulle het, en hulle doen dit wel. Op 20 Augustus vanjaar het die populêre televisie-aanbieder, Herman Pretorius, die stryd teen kanker verloor. Die video word aan hom opgedra.

Die bekendstelling van die musiekvideo is in Kaapstad gehou by Fly on the Wall se ateljee. Kyk die foto's, maar besoek ook die webwerf van die Vrede Foundation vir jongmense met kanker, opgerig na aanleiding van Herman se storie.

Foto’s deur Annie Klopper