Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Onderhoude | Interviews > Jong expats | Young Expats

Jong expats: Helena Odendaal vertel ons van Tokio


Imke van Heerden - 2009-10-07

Waar woon jy nou en is die gras wel groener daai kant?

'n Mens kry altyd hierdie vraag van vriende en familie. Dit gaan nie soseer oor groen gras nie, meer dat ek glo dis belangrik is vir enige persoon om hul horison te verbreed. Die expat-gemeenskap in Japan is baie divers en die meeste mense verlaat lande soos Engeland en Amerika om iets anders te beleef.

Hoekom het jy Suid-Afrika verlaat? Beplan jy om terug te kom?

Dieselfde motivering as hier bo genoem. Daar is 193 lande in die wêreld, en as ek almal wil sien, moes ek êrens begin. :-)

Vertel ons bietjie meer van jou beroep.

Ek werk in 'n beleggingsbank as 'n projekbestuurder. Ek werk meestal op globale projekte, so my span sit tans in Indië, die VSA en Engeland.

Wat van Suid-Afrika laat jou lag en wat laat jou huil?

Die Suid-Afrikaanse sin-vir-humor-uitkyk op die lewe is nog steeds die beste! Nando's-advertensies en Jack Parow som dit die beste op. Wat my laat huil, is dat ras nog steeds vir mense van my ouderdom 'n groot deal is.

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Droëwors, braaivleis en biltong! Dis 'n cliché, maar as jy dit nie het nie, mis jy dit!

Hoe reageer mense as hulle uitvind jy is Suid-Afrikaans?

Hulle dink dis weird dat ek wit is, en Japannese is nie altyd 100 persent seker waar Suid-Afrika is nie.

Waar in die stad/land waar jy tans woon, kuier jy graag - en wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek woon tans in Tokio. Dis 'n baie lekker plek vir alles! Klein kroegies, megaclubs, restaurante met 'n tema (Princess Restaurant, the Lock Up - lyk soos 'n tronk binne en jou tafel is 'n tronksel). Ek spandeer my vrye tyd deur 'n bietjie van als te doen.

Jy kan 'n Afrikaanse sanger of band nooi om daar op te tree; wie kies jy?

Freshlyground, want hul klank is uniek in vergelyking wat 'n mens hier kry.

Wat is jou gunsteling-kossoort, -produk of iets soortgelyks wat jy in Japan kan kry wat nie hier beskikbaar is nie?

Onigiri - dis 'n rysbolletjie toegevou in seegras. Dit klink eienaardig, maar dis regtig 'n lekker snack en 'n mens kry dit by elke convenience store.

Sou jy Suid-Afrikaners aanmoedig om daar vakansie te hou? Wat kan hulle eenvoudig net nie misloop nie?

Vir seker! Dis net baie ver en nogals duur in vergelyking met Suid-Afrika. Sal definitief die temples van Kioto en Nara aanbeveel! Dalk ook om Mount Fuji te klim.

Jy is gestrand op 'n eiland. Jy het drie Suid-Afrikaanse items van die sinkende skip gered. Wat het jy gekies?

Skaapvelpantoffels, Ouma-beskuit en witblits (om die koue water te oorleef).

Wat is die hoogtepunt van jou verblyf in die buiteland?

Daar is so baie! Iets wat my nog altyd fassineer, is die fantastiese vuurwerkfeeste wat gedurende die somer regoor Japan plaasvind. Tokio het elke naweek groot vuurwerkfeeste. Ek hou ook baie van die sneeu, en 'n hoogtepunt was definitief toe ek drie jaar gelede leer ski het.



<< Terug na die Jong expats-blad <<