Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Onderhoude | Interviews > Jong expats | Young Expats

Jong expats: Chesna Coetzee vertel ons oor Daegu, Suid-Korea


Imke van Heerden - 2009-10-05

Waar woon jy nou en is die gras wel groener daar?

Daegu, Suid-Korea. En ja, die gras is groener, want ek is nooit broke nie (lol) ... en dis easy money (sonder enige ondervinding!).

Hoekom het jy Suid-Afrika verlaat?

Studieskuld, en dit was die maklikste en goedkoopste opsie. Beplan jy om terug te kom? Hell yeah!!!

Wat van Suid-Afrika laat jou lag en wat laat jou huil?

Vrugtesmouse en taxi-"ghatjies" en hul oneindige goedjies! Never a dull moment! Wat laat my huil? Die feit dat ek nêrens veilig is nie!

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Die mense, die platteland en natuurlik the beaches.

Hoe reageer mense as hulle uitvind jy is Suid-Afrikaans?

Impressed (en nie net die Koreane nie – al die buitelanders). And then confused, because I'm suppose to be black! (lol) Altyd 'n moeilike een daai!

Waar in die stad/land waar jy tans woon, kuier jy graag?

Gaan na die local Western bars toe, maar elke naweek in 'n ander stad (maar waar ook al dit is, ons soek altyd die Western bars uit!).

Jy kan ’n Afrikaanse sanger of band nooi om daar op te tree; wie kies jy?

Adamsappel.

Sou jy Suid-Afrikaners aanmoedig om daar vakansie te hou?

Nee. Maar om te kom werk en die kultuur ten volle te kan experience … ANY TIME!

Jy is gestrand op ’n eiland. Jy het drie Suid-Afrikaanse items van die sinkende skip gered. Wat het jy gekies?


Biltong, rooiwyn, chutney!!!



<< Terug na die Jong expats-blad <<