Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Boeke | Books > Kennisgewings | Notices > Afrikaans

LAPA-Uitgewers stel bekend: My eerste woordeboek


2009-10-02

’n Vrolike en prettige woordeboek vol kleurryke illustrasies. Maklike woord-prent-assosiasies word in vier tale, Afrikaans, Engels, Xhosa en Zoeloe volgens verskillende temas gerangskik. Van die temas sluit in: klere, kos, tuin, teenoorgesteldes, voëls, diere, skool, my liggaam en my familie.

DIE SKRYWER EN ILLUSTREERDER

Maja Sereda is oorspronklik van Pole maar woon reeds sedert 1989 in Suid-Afrika. Sy het aan die Universiteit van Pretoria studeer en is 29 jaar oud. My eerste woordeboek is haar 4de boek by LAPA Uitgewers. Die ander boeke waarvoor sy vir die illustrasies verantwoordelik was, is Danie Dreyer se dinosouruseier,Liewe land, ’n olifant en Sprokies en ander gunsteling-stories.

My eerste woordeboek is beskikbaar by toonaangewende boekhandelaars asook direk vanaf LAPA Uitgewers. Kontak LAPA by 012 401 0700 of besoek ons webblad: www.lapa.co.za.