Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Expats > Onderhoude | Interviews > Jong expats | Young Expats

Jong expats: Arnie van Kerwel vertel ons van Berlyn


Imke van Heerden - 2009-09-30

Waar woon jy nou en is die gras wel groener?

Ek woon tans in Berlyn, Duitsland, en die gras lyk hier ... wel, tog groener (hulle gebruik artificial gras amper orals ... hehe).

Hoekom het jy Suid-Afrika verlaat? Beplan jy om terug te kom?

Ek het 'n baie mooi Duitse meisie in Suid-Afrika ontmoet, maar ongelukkig na vyf jaar het dit nie tussen ons uitgewerk nie. November hierdie jaar is ek definitief terug in Suid-Afrika. (Die rooi wyn bly nog steeds die beste in Stellenbosch!)

Vertel ons bietjie meer van jou beroep.

Ek is 'n Lead Visual en Motion Graphics Designer vir Fox Mobile (jip, dieselfde company wat al die movies en TV-produksies in Los Angeles produseer). Fox Mobile produseer media vir selfone wêreldwyd. Ek kombineer die werk van 'n 3D designer en graphics designer, sodat dit op TV soos een advertensie lyk. By Fox is ek verantwoordelik vir alle TV-advertensies vir Kanada en Amerika.

Wat van Suid-Afrika laat jou lag en wat laat jou huil?

Lag: Rugby fans, alhoewel ek is ook een van hulle.

Huil: BP Burger Pies, dit lyk so groot, maar dit proe na niks ...

Wat mis jy die meeste van Suid-Afrika?

Stellenbosch se goeie rooi wyn en my Suid-Afrikaanse vriende se avontuurlus!

Hoe reageer mense as hulle uitvind jy is Suid-Afrikaans?

Stap 1: Hulle word ongelooflik opgewonde.
Stap 2: Vra hoe dit met Madiba gaan en dan begin hulle met hul mening oor SA-politiek.
Stap 3 is nou Stap 2: "Arnie, kan jy vir ons bly plek reël vir die World Cup Sokker?"!

Waar in die stad/land waar jy tans woon, kuier jy graag - en wat doen jy in jou vrye tyd?

Ek bly in die middel van die hoofstad, presies drie minute vanaf die Berlin TV Tower. In my vrye tyd speel ek in 'n liga sokker. Ek kan tot nou toe nie verstaan hoekom ek in 'n Spaanse sokkerspan (bekafc.com ) in Duitsland speel nie! Laas jaar was ek die tweede beste goal scorer, maar met te veel beserings hierdie jaar kon ek nie soveel games speel nie :( Wanneer ek daar klaar is, produseer ek my eie musiek (www.myspace.com/arnitheband ), en doen 'n paar optredes.

Jy kan 'n Afrikaanse sanger of band nooi om daar op te tree; wie kies jy?

Chris Chameleon+Mandoza+MaxNormal se nuwe band, Die Antwoord, op een stage. Die mensies hier verstaan nie hoe verskillend ons kan wees nie.

Sou jy Suid-Afrikaners aanmoedig om daar vakansie te hou?

O ja, ek dink baie in Suid-Afrikaners dink aan Duitsland as een groot stad sonder natuur en riviere. Jy's in vir 'n treat, glo my!

 

Jy is gestrand op 'n eiland. Jy het drie Suid-Afrikaanse items van die sinkende skip gered. Wat het jy gekies?

Mrs Ball's Chutney, boerewors en 'n Land Rover.


<< Terug na die Jong expats-blad <<