Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Die Bergkelder stel twee nuwe Fleur du Cap Unfiltered rooiwyne bekend


2009-09-23

Fleur du Cap het so pas twee nuwe oesjare van hul uitsoek rooiwyne in die ultra premium Unfiltered-reeks vrygestel – die kelder se trots, die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 en die ryk, komplekse Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007.

Vorige oesjare van beide hierdie twee uitsonderlike wyne het reeds by van die land se voorste wynkompetisies insluitende Veritas en die Old Mutual Trophy Wynskou gewys waartoe hulle in staat is deur dubbelgoud en goue medaljes in te palm. Hierdie sukses kan toegeskryf word aan rooiwynmak er Justin Corrans se praktiese benadering by Die Bergkelder terwyl sy noukeurige seleksie wyne verseker wat eenvoudig oorloop van heerlike gekonsentreerde vrugtegeure.

Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 is ’n medium tot volronde wyn met ’n neus propvol aromas van pruime en swartbessies met ’n sweempie eikehoutspeserye, terwyl die smaak oorloop van bessievrugtegeure met delikate houtspeserye wat eindig met ’n heerlike talmende nasmaak. Dié sappige Merlot gaan perfek saam met Parma ham, geroosterde lamsosaties, ryk beestertbredie of ’n robuuste Italiaanse maal.

Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007 is ’n kragtige wyn met aanloklike aromas van swartbessies, jasmyn, vanielje, donkersjokolade en mokka, terwyl die smaak komplekse rooibessiegeure het wat ondersteun word deur kersies en pruime en aangevul word deur speseryagtige houtgeure en soepel tanniene. Dié komplekse wyn is die ideale pasmaat vir beesfilet en geroosterde lamsvleis maar is ewe lekker saam met ryk geregte en sterk beleë kase.

Fleur du Cap se Unfiltered-wyne neem reeds op die wingerdstok vorm aan en die wynmaakspan by Die Bergkelder laat hul deur die druiwe lei om sodoende te verseker dat die wyne proe soos die natuur dit bestem het. Dié Unfiltered-wyne is handgepluk in die wingerde en handgemaak in die kelder. Meer tradisionele, eerstehandse wynmaak praktyke wat staatmaak op sedimentering, aftapping en suiwering in teenstelling met filtrasie verseker dat die wyne eenvoudig oorloop van vrugtesmake en geure.

Die Fleur du Cap Unfiltered Cabernet Sauvignon 2007 is teen ongeveer R 98 per bottel beskikbaar en die Fleur du Cap Unfiltered Merlot 2007 teen R 90 by voorste wynhandelaars landwyd.