Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Teater | Theatre > Rubrieke | Columns > Albert Maritz: Baba met die badwater...

Nes Dana se mense, lyk my


Albert Maritz - 2009-09-23

Nou die aand sak ons toe op die Blou Kafee in Melkbos. Ek vergeet altyd die plek se naam ... Aaa … Seaside Blues. Ivan Zimmermann speel daar. En cute hoe hy selfs die meisies (hul is my ouderdom, so ek moet hul respekvol benaam) op die stoep buite betrek het. En hy het een of twee regtig mooi liedjies, tussen ’n ander paar nices deur. Sy "Egoli"-een is nogal baie nice en kan maklik die kenwysie word van die Egoli-fliek. Die tyd sal leer of hy die vasbyt het wat ek by Kurt Darren gesien het. Hy was ook eers onbekend as sanger. En hy was bereid om op te tree vir klein gehore. Want dis die vasbyt wat dit vat.

Emile Minnie was weer ’n paar dae later by Kiewietjiestraat se huisteater. Dis ook in Melkbos. En wat ’n verrassing! Ek hoor al lankal hy kook, en hy was baie goed in die fliek White Wedding, maar hierdie was in ’n paar opsigte regtig uitsonderlik. Eerstens is die musiek puik. En hy vermaak! En hy is oorspronklik.

*

En daar speel Blackie Swart in Melkbos by Luna se plek – Seaside Blues. En dit herinner my aan ’n tyd wat hy baie populêr in die Kaap was. Maar hy is Johannesburg toe omdat hy ieder geval so baie daar moes wees. En hy doen goed daar; glo veral agter die skerms. En dan vergeet mense wie jy is.

*

Pas was ek by die enigste uitstalling wat nie geopen is nie, maar self oopgegaan het. Dink ek. Ek moes die uitstalling open. Almal raak egter aan die kuier – elk in sy groepie se hoekie. Die feit dat almal saamgekom het, en ek vanuit ’n sofa als kon sê wat ek wou, en ander aan die toespraak deelgeneem het, was als meer toeval as oopstaan.

Die uitstalling is nou al verby, maar glo my: as jy soveel vreugde verlang uit kuns soos die Mona Lisa genereer, of die Dawid-beeld, of vader Claerhout, soek die werk van oorle Martiens van der Linde. Dis nou vir jou kuns. Selfs na Martiens se dood is hy nog onbekend, alhoewel hy opgeneem is in die Suid-Afrikaanse boek waarin kunstenaars opgeneem word – jare gelede al. Sy werkswyse en tegnieke was uniek. Hy sou vir jare aan ’n enkele skildery werk, en in sy spiritualistiese kuns sou die kleinste figuurtjies denkbaar hul in die verf aan hom begin opdring. In sy verskeie werke is daar seker duisende figuurtjies wat stap en die verhaal van die skildery volvoer. Die klein figuurtjies kom oral voor. En kyk toe hoe Martiens van der Linde se siel op ’n unieke manier in sy kuns bly voortleef – op ’n manier wat so anders is dat dit min mense beskore is.

*

Ek sit die afgelope paar maande deur tientalle skool-toneelstukke. En watter verrassing. Die toneel is gereeld op so ’n hoë standaard. Steeds beter, steeds waaghalsiger en steeds meer progressief. En watter riem onder die hart is die ouers, onderwysers en leerders – en beoordelaars, wat besef waarmee hulle besig is.

*

Hier bo, naby Unisa, is ’n slaghuis. Daar hang rye en rye vleis. Toe ek daarvan koop, kom ek agter hoe goedkoop dit is. En lekker. Maak ’n tak in die Kaap oop, toe Groenkloof.

Net daar probeer ek uitvind waar ’n barbier is. Die car guard seg ek sal regkom ... net oor Queen Wilhelmina, op in die straat dan regs by die Brooklyn-sentrum. Daar.

Ek ry anderkant toe, waar ek dink studente seker hare sny. Sunnyside. Ry verby Lucy’s Design – en enige ander designer naam waaraan jy kan dink – en in elke venster is die hele wye panorama van moontlike kapsels, waarvan die meeste my soos ’n Afrika-item by die opening van die Sokker 2010 sal laat lyk. En ek ry en ek ry en ek ry.

En daar's Francis. Ek kry parkering ... sommer net daar, amper by die voordeur.

Toe hulle my sien, helder hulle gesigte op. Willie en Burger. “Lyk hy nie nes Ben nie?” sê seun vir sy pa. Ben kom by hulle as hy moet voorberei vir ’n TV-reeks. Dan gee hulle hom die flat top. Of hy vra die executive style. Jip, Ben. En so kom ek al hoe meer agter van die barbierswêreld. Kinders is weer die wet look ... en so gaan dit aan.

Waar's ek vandaan?

O, maar ken ek dalk vir Sonja en Hennie? Mal Sonja, Burger se niggie. Terwyl my oë dwaal na die ‘95 en 2007 getekende Bok-balle, vertel Willie van die swaer. Sonja het mos die dag bokbone oor sy kos gestrooi. Hy was te vol strooi. En na die strooi wat dít afgegee het, het sy met hom vrede.

Ja, sy ry bike. En sy sê ’n ou reguit “jou gat man” as sy so voel.

’n Executive stap in. Hy is die kuiltjies-en-kort-grys-hare tipe ou wat jy vir jou eks toewens. Nogal good-looking. Wat sal dit wees? vra Burger.

’n 2 aan die kant en ’n 3 bo.

Al om my kop girts dit. Willie zirrr die masjien oor die kam soos ek nog nooit beleef het nie. Hoe lank sou hy al hierdie vakmanskap bedryf?

“Die stigter het Francis die naam gegee in 1952.” Hy wys na ’n swart-en-wit foto van ’n man sonder hare. Hy wys na nog ’n swart-en-wit portret van ’n ander ou. “Daai is my leermeester. Ek het weer by hom oorgeneem. Ek is al 35 jaar hier.”

Ek wonder of Dana sou vra hoekom so ’n ou so mank is. “Daar val ek mos van ’n leer af en vergruis my voet,” bied Willie self aan. “En as hulle wil sny en skroewe insit en alles, sal ek nie kan bike ry nie, so ek los hom net so.

"Ek en my vrou wil nog ’n slag reg om Suid Afrika ry. En daai Sonja.” Hy weet. “As hulle daar kom, en hulle laat haar nie weet nie, is daar moeilikheid. Ja, ou Drikus, Sonja se seun, was soooooooooo klein toe hy hom laas gesien het. Hy wou altyd met my speel, karretjies en so aan,” vertel Burger. “En ek het gehou van hom.”

Hul verkoop windbuks-skyfskiet-teikens. Hul het vir jou ’n Eclaire-toffie as jy waai. Hul prys is R70, wat die R120–R190 van Lucy en Suzi … hands down klop.

Hy snip-snip met ’n spesiale masjientjie aan die hare op my ore.

Ou Ben seg glo: “Willie, jy vat die storie te ernstig op.” Willie seg vir Ben: “Hoekom doen die en daai sulke goed aan jou karakter in Sewende Laan. Hoekom mors die en daai so met Vanessa? Hul maak my kwaad”, sê Willie.

Ben lag glo net en sê: “Willie, kry vir jou ’n ander storie om te kyk. Die ouens maak jou te kwaad.” Die executive is stil, maar gelukkig. Hy is ge-2-en-3 en hy betaal, vat nie sy Eclaire nie en word gegroet en waai. Sy kanse met die eks was seker beter met die bietjie hare wat daar was … Maar dalk laaik sy die 2 en 3.

Willie snip-snip aan my ooghare. Daai langes wat mense so amuseer, is nou af. Willie sê Ben was laas hier vir ’n flat top. Ek waag dat dit die Dolf Lundgren-voorkoms is. "Ja. Hy seg hy gaan ’n cop speel. Maar hy seg hy kan my nie nou sê waaroor als gaan nie. Hy sal as hy terug is." Hy het die haredoek af en hou ’n klein handdoekie na my uit. “Wie s’n is dit” vra ek? My oog vang die Jesus-rympie bo die spieël. Willie antwoord: “As daar ’n bietjie hare op jou gesig oorgebly het. Vee gerus af.”

Willie raak waaghalsig: “’n Ou moenie inmeng met ander mense se persoonlike sake nie, maar kan ek jou iets wys?”

Ek stap daar uit met my paadjie aan die ander kant. ’n Nuwe mens. Ag, is ek nie ’n sukses nie! Na al die jare is ek bereid om die kant van my paadjie te laat verander. Dat my kroontjie nie meer regopstaan nie. Want Willie het die flaw vir my uitgewys. My paadjie was nog altyd aan die ander kant as my kroontjie. ’n Leeftyd van dwarstrekkery.

Ons groet. Ek en Willie en Burger. Wie se voorsate anders is as myne, en la-ang jare al weg is uit die Kaap. Die mense wat so anders as ek is, maar wie se kultuur en taal ek deel. Die goeie mense van Brooklyn, Pretoria.

My hare is bak. Baie nicer as wat dit sou wees as ek dit by een van die mooi girls- plekke laat sny het, ek sweer. En ek was vir ’n halfuur binne-in een van Dana se stories. Join my. Sien jou daar as jy weer ’n nr 2 of 3 nodig het.

Toe ek terugry na waar ek bly, kom ek agter ek was presies waar die sekuriteitsman so twee en ’n half uur vroeër aanbeveel het ek moet gaan – net af in die straat van Groenkloof.

’n Straat waar jy al moes afgery het, is die hoofstraat van District 9. En om van UP nie te praat nie.

Nou een Sondag is ek en die klein pikkie hier uit Cavendish toe, vir Izulu Lami, Marathon, lunch en Disgrace. Verlede Sondag doen ons dit amper weer. District 9 en UP. En watter vreugde om twee goeie goeie flieks te sien. Copley – die Kaapse jack of all trades, speel daai hoofrol so lekker vars – skitterend. En geen op-die-ingewing-van-die-oomblik stukkies teks nie; geen lukrake kameraskote nie; geen toevallighede nie – suiwer meesterlike filmvervaardiging. En ’n lys credits wat meer tegnici bevat as wat ons in Suid-Afrika het.

UP … Al wat ek kan sê, dis beproefd, dis al baie, baie goed gedoen, maar dalk nooit so goed soos hier nie. ’n Uiterste feel-good.

My belief is that to have no wants is divine - Socrates