Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Opvoeding | Education > Skole | Schools > Artikels

Nuwe Geskiedenis van Suid-Afrika Wiki: Tydlyn van Nelson Mandela se lewe - III


2009-09-18


Geskiedenis-bronmateriaal: Nelson Mandela-tydlyn - Politieke jare

Lees artikel 1 hier, artikel 2 hier en artikel 4 hier.

Artikel 3 uit 4 in hierdie aflewering: Politieke jare

Nelson Mandela was die eerste president van demokratiese Suid-Afrika vanaf 1994. Hier volg die tweede aflewering van 'n tydlyn vanaf sy geboorte in 1918 tot 2008.

1989 - Ontmoeting met Botha
Na verskeie vertragings ontmoet Mandela en Botha vir tee by die president se woning. Die ontmoeting is hartlik en Mandela dring aan op die vrylating van Walter Sisulu.

FW de Klerk
PW Botha bedank en FW de klerk word ingesweer as waarnemende president. Mandela word aangespoor toe de Klerk nog van die Rivonia-verhoor-gevangenes vrylaat, wat onder andere Sisulu insluit. FW de Klerk begin ook die apartheidstruktuur afbreek. Hy sien af van die plan om swart mense in aparte tuislande te laat bly en aanvaar die beginsel van gedeelde mag.

Ontmoeting met de Klerk
Op 13 Desember het Mandela en De Klerk het hul eerste van drie vergaderings.

1990 - Ontperking
Gedurende 'n dramatiese toespraak van De Klerk in die parlement ontperk hy die ANC en ander politieke organisasies. Hy kondig ook aan dat Mandela vrygelaat sal word.

Vry
Na 27 jaar van gevangenisstraf word Mandela op [[11 Februarie]] [[1990]] vrygelaat. Sy nuwe lewe is bedrywig en hy word ook adjunkpresident van die ANC. Hy besoek ook verskeie lande saam met sy vrou Winnie, onder meer sy vriend [[Oliver Tambo]] in Swede.

Onderhandelinge
Die ANC en Nasionale Party (NP) begin onderhandel om 'n nuwe veelrassige demokrasie vir Suid-Afrika te skep. Die samesprekings het nie glad verloop nie, weens die ANC se ongelukkigheid met die geweld in die swart gemeenskappe. Mandela en De Klerk gaan voort met hulle private ontmoetings.

ANC en Inkatha Vryheidsparty (IVP) bots
Op 14 Julie word die Inkatha Vryheidsparty (IVP), 'n Zoeloe-groep gelei deur hoofman Buthelezi, gestig as 'n politieke party. Die IVP verskil met die ANC, veral ten opsigte van die gewapende stryd. Alhoewel Mandela uitreik na Buthelezi om hul geskille op los, teiken die IVP ANC vestings in KwaZulu-Natal. Wydverspreide geweld breek uit.

1990 - Pretoria-minuut
Die ANC en die regering teken beide die Pretoria-minuut, waarin die twee partye ooreenkom om die gewapende stryd te beëindig. Mandela sit druk op De Klerk om polisiebrutaliteit te ondersoek, asook die regering se ondersteuning vir die geweld in KwaZulu-Natal. Mandela en De Klerk se verhouding is gespanne weens die geweldkwessie.

1991 - Winnie se verhoor
Winnie se verhoor begin, waar sy aangekla word van die ontvoering en aanranding van vier jeugdiges deur die Mandela United Football Club. Deur al die jare se omstredenheid ondersteun Mandela sy vrou en woon ook haar verhoor by. Winnie word skuldig bevind op die aanklag van ontvoering, maar nie van aanranding nie, en word tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis. Tydens haar appèl word haar vonnis opgeskort en moet sy slegs 'n boete betaal.

Olimpiese Spele
Na 21 jaar word Suid-Afrikaanse atlete weer toegelaat om aan die Olimpiese Spele deel te neem.

ANC-president
In Julie hou die ANC vir die eerste keer hul jaarlikse konferensie in Suid-Afrika en Mandela word as ANC-president verkies.

KODESA 1
Die eerste formele onderhandelinge met die regering vind op [[20 Desember]] plaas by die [[KODESA|Konvensie vir 'n Demokratiese Suid-Afrika (KODESA)]]. Mandela val De Klerk aan in sy toespraak nadat De Klerk die ANC sleggesê het in 'n vorige toespraak. Hulle ontmoet vir die volgende ses maande nie weer nie.

1992 - Skeiding
Mandela kondig aan dat hy en Winnie gaan skei. Winnie bedank as hoof van die Welsyn van die ANC, maar bedank nie uit die Nasionale Uitvoerende Komitee nie.

Geweld duur voort in die "townships", met gereelde botsings tussen die polisie en inwoners. Mandela is woedend en sê dat die polisie die geweld aanmoedig in plaas daarvan om dit te stop. Mandela hou De Klerk verantwoordelik vir hierdie situasie; De Klerk is beslis dat hy nie beheer het oor die geweld nie.

KODESA 2
Nog samesprekings word gehou gedurende KODESA 2 om die struktuur van 'n plan te bespreek vir 'n demokrasie. Die samesprekings loop op 'n dooiepunt uit, maar beide partye stem in om saam te werk om 'n oplossing te vind.

1992 Uitrol van massa-aksie
Gefrustreerd met die onsuksesvolle onderhandelinge, beplan die ANC 'n beleid van rollende massa-aksie, wat onder meer optogte, boikotte en stakings insluit, om die regering te wys hoe sterk hul ondersteuning in die land is. Intussen duur die geweld voort met die IVP wat die ANC aanval, waar 46 mense in Boipatong sterf.

Onderhandelinge begin
Die toename in sterftes dwing Mandela en De Klerk om weer onderhandelinge te begin. Hulle onderteken 'n dokument waarkragtens hulle ooreenkom om 'n formele ondersoek te loods na die voortdurende geweld en polisie. Hierdie dokument stig ook 'n konstitusionele vergadering wat 'n nuwe grondwet vir die land sal ontwerp.

1993 - Chris Hani sterf
Chris Hani, 'n gewilde leier van beide die ANC en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) word deur 'n blanke radikale vermoor. Mandela verskyn op televisie en vra dat mense hulle van geweld weerhou.

Nobel-Vredesprys
In Desember ontvang Mandela en De Klerk gesamentlik die Nobel-Vryheidsprys.

1994 - Demokratiese Verkiesing
Op 26 April word daar vir die eerste keer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis deur alle rasse vir dieselfde parlement gestem. Die ANC wen die verkiesing en Mandela word president.

Inhuldiging
Nelson Mandela se inhuldiging as die 11de president van Suid-Afrika en as die eerste demokratiese president vind op 10 Mei plaas. FW de Klerk word ingesweer as adjunkpresident. In dieselfde jaar publiseer Mandela sy outobiografie.

1995 - Rugbywêreldbeker
In 1995 is Suid-Afrika die gasheer vir die rugbywêreldbeker, wat Suid-Afrika wen. Nelson Mandela dra die Springbok-klere toe hy die trofee aan die kaptein, Francois Pienaar oorhandig. Hierdie gebaar word gesien as 'n groot stap vir die versoening van wit en swart in Suid-Afrika.

1996 - Skei
Mandela en Winnie skei. Winnie probeer so lank as moontlik vermy om te skei.

1998 - Graca Machel
Op sy 80ste verjaarsdag trou Mandela met Graca Machel, die weduwee van 'n vorige president van Mosambiek.