Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Artikels | Features

Die Pienk Dossier #5


Coenie Kukkuk - 2009-09-10

Die Pienk Dossier verskyn elke twee weke en word saamgestel deur Coenie Kukkuk, redakteur van Gayspeak.co.za. Ons poog om soveel as moontlik te berig oor wat in die LGBTI (lesbiese, gay-, biseksuele, transseksuele en interseksuele) wêreld gebeur, hier in Suid-Afrika en elders. Bydraes is welkom en kan gestuur word aan coenie@gayspeak.co.za.

 

 

 

1. Mnr en Mej Legends is elke jaar ʼn hoogtepunt op die gay-kalender in Gauteng. Vanjaar is geen uitsondering nie - met die nuus dat niemand anders nie as Mej Suid-Afrika 2004, Claudia Henkel, die kroning gaan waarneem. Die choreografie word gedoen deur Brendon Pollock, onoorwonne wêreldkampioen in Latynse danse. Vir die eerste keer kan die publiek nou ook hier stem vir hul gunstelinge op die webwerf hier. Dit lyk of gay-klubs nou werklik die hoofstroom betree en met die beste kan meeding. Toegang is R30 by die deur. Die kompetisie vind plaas op Vrydagaand, 25 September.

 

 

 

2. Shisa! Guest Farm in die Tulbagh-omgewing is ʼn wegbreekplek vir gay mans wat nader aan die natuur wil wees - al is dit net vir ʼn naweek. "Shisa" is ʼn Zoeloe-woord vir "warm" en toon ook respek vir die son. Die dekor word beskryf as "African Zen Chic". Besoek die gawe ouens daar gerus - hier is die webtuiste.

 

 

 

3. OUT Well-being in Pretoria hou hul kwartaallikse publieke forum op 1 Oktober by die Prism Lifestyle Centre in Hatfield, Pretoria. Dis om 6-uur te Pretoriusstraat1081. Lede van die publiek is welkom om dit by te woon en navraag te doen oor hul bedrywighede, wat bystand aan HIV-pasiënte, verskaffing van ARV's, geestesgesondheid en regsdienste insluit. Hul werk is van onskatbare waarde. Lees meer hier.

 

 

4. Die Mnr Gay Suid-AfrikaTM-kompetisie is besig om ʼn hoogtepunt te bereik met die 9 finaliste wat reeds aangekondig is. Die KwaZulu-Natal-finale vind plaas op 12 September by Durban View Guest House in Durban en die laaste streek, Gauteng en Noordelike Provinsies, op 18 September te Vacca Matta, Montecasino in Johannesburg. Meer kan op die webwerf gelees word. Die foto is van Jacques Snyman, wat derde geëindig het in die Kaap en na die finale genooi is. Hy is ʼn operasanger en persoonlike afrigter van beroep. Gaan kyk ook op die Facebook-groep vir nog foto's.

 

 

5. Johannesburg Pride is net om die draai op 3 Oktober by Zoo Lake. Dis die 20ste herdenking van dié fees en heelwat van diegene wat dit vanjaar bywoon, was nog nie gebore toe die eerste Pride plaasgevind het nie! Daar is min tyd oor vir stalletjies en vlotte; kontak Natasha dringend vir besprekings - haar besonderhede is op die webwerf.

 

 

6. Daar bestaan nou ʼn gay-toeragentskap wat toere in Namibië onderneem, naamlik Namibia JJ Tours. Hulle is blykbaar die eerste gay-agentskap daar en beloof uitstekende toere, van kampeer tot luuks. Kontak hulle gerus via hul webwerf.

7. Gayspeak is op soek na ʼn Groot Verloorder. In die sin van vet! Drie groot mense word genooi om hul vetjies af te skud op ʼn geborgde program wat R6 000 se voorgeskrewe kos oor drie maande insluit. Die wenner sal met ʼn lekker prys van ʼn paar duisend rand beloon word. Stuur ʼn vollengte-foto in al jou glorie (nie naak nie, asb!) aan Hannes Dupper by hannes@lo-cal.co.za en die borge sal die name van die gelukkige grotetjies bekend maak in die September-uitgawe van Gayspeak wat op 15 September op die virtuele rak behoort te wees.

 

 

8. Die Universiteit van Kaapstad se kunsstudente bied ʼn "silent auction" van hul werk aan en hulle sê: "It's to raise funds for the Michaelis Graduate show exhibition. It is a silent auction of current and past works of the graduating students opening on the 16th September at 18:00 at the Centre for African Studies, UCT Upper Campus, Rondebosch. The bidding runs for two weeks and works will be on exhibition for that period. It is a great opportunity for those interested to buy art at affordable prices (bidding generally starts at R100)." As mens so na die kunswerk hier bo kyk, lyk dit na iets om nie mis te loop nie.

 

 

9. Die Kaalkop Waarheid, een van die beste Afrikaanse rockgroepe in die land, tree op 16 September by Legends in Pretoria op. Hulle is dié jaar benoem vir ʼn SAMA- en Tempo-toekenning. Toegang is slegs R50 by die deur en die vertoning begin om 20:30. Sien meer hier.

 

 

10. Mambaonline.com berig dat die Adjunkminister van binnelandse sake hom wil beywer vir die afskaffing van alle pornografie. Mnr Malusi Gigaba wil Suid-Afrika graag terugsleep na die Middeleeue, lyk dit! Die foto is Mamba se interpretasie van porno ...

Die Pienk Dossier verskyn elke twee weke. Bydraes kan gestuur word aan coenie@gayspeak.co.za vir oorweging.