Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Eikendal vuur en vlam met ‘To Thai For’ kos-en-wyn ervarings tydens die 2009 Helderberg Wynfees, 23-25 Oktober 2009


2009-09-03

Die Ooste kom kóók in die Weste wanneer Eikendal landgoed, geleë in die hartjie van die Helderberg wynlandstreek, vlam vat met ‘n eksotiese Thai-eetervaring en ‘n keurspel van hulle bobaas wyne gedurende die 2009 Helderberg Wynfees.

Vanaf Vrydag die 23ste tot Sondag, 25 Oktober, verf Eikendal die Wynland rooi met ‘n “To Thai For” feesmaal van Oosterse verlustigings wat meesterlik deur die gewilde Wang Thai en Simply Asia restaurante by die plaas opgedis sal word. Eikendal wynmaker Nico Grobler en sy span sal ook met hul jongste kelderskatte finesse aan die smullende-samesyn verleen.

Gaste het ‘n keuse van verskeie Thai disse, wat wissel vanaf R25 tot R30 per gereg, terwyl Eikendal se wyne per glas of per bottel te koop sal wees om saam met jou ete, óf binne óf buite op die gras langs die dam, te geniet. Gratis wynproeë van uitgesoekte Eikendal wyne sal ook in die kelder se wynproelokaal aangebied word gedurende die verloop van die Helderberg Wynfees wat al op die Donderdag, 22 Oktober, afskop.

In dieselfde uiteenlopende-styl soos die van Thai geregte wat ‘n simfonie van warm, suur, soet, bitter en sout geure, harmonieus in die mond oplewer, bied Eikendal ook ‘n wye reeks wyne waarby ieder, hetsy wynliefhebber of gesoute wynkenner, aanklank vind. Die landgoed is bekend vir hulle Bordeaux-styl rooiwyne, soos hulle vlagskip versnit, Classique, wat grootbors is in struktuur en smaak terwyl hul witwyn-versameling gelei word deur bekroonde gehoute en ongehoute Chardonnays.

Lus vir garnale met ‘n ryk, stylvolle Semillon of dalk rooiwarm kerrie met ‘n verfrissende glas Sauvignon Blanc? Eikendal is net die plek vir familie en vriende om die rojale kosweelde vanuit die Ooste op eie bodem met ‘n glasie of twee te vier.

Eikendal is gerieflik geleë op die R44, tussen Somerset-Wes en Stellenbosch. Die

To Thai For’ kos-en-wyn ervarings (insluitende wynproeë en wynverkope) sal aangebied word vanaf Vrydag (23 Oktober) tot Sondag (25 Oktober) tussen 10h00 en 16h00.

Vir meer inligting skakel Eikendal by Tel: (+27)21 855 1422 of stuur ‘n epos na counter@eikendal.co.za.

Meer oor die Helderberg Wynfees

The 2009 Helderberg Wynfees bied opwindende vermaak vir jonk en oud wanneer dertig deelnemende wynplase in die Helderberg kom – wat strek vanaf Stellenbosch, Somerset-Wes, Schapenberg en Faure – hulle feesvere regskud vanaf 22-25 Oktober.

Vanjaar se kleurvolle spyskaart van loslit gebeure sluit in ‘n Gholf-dag, ‘Os-innie-Bos Opskop’, ‘n bergfiets-uitdaging, ‘n uitstalling van klassieke ou motors, ‘n jazz konsert asook ‘n familie pretstap wat afskop by Eikendal en al langs die voet van die Helderberg sal kronkel.

Fees-paspoorte en glase is beskikbaar by alle deelnemende plase teen R75 per persoon en is geldig vir die hele naweek. Opbrengste sal geskenk word aan die Somerset-Wes se Tafelronde.

Vir meer inligting oor die Helderberg Wynfees besoek www.helderbergwinefestival.co.za of skakel Tel: 021 981 0216/ Sel: 083 556 3740.