Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Hygliteratuur | Erotic literature > Gay > Poësie | Poetry

Maak oop die venster


Joan Hambidge - 2009-09-02

Hierdie blad bevat erotiese literatuur. Indien jy jonger as 18 is, verlaat die blad asseblief onmiddellik. | The following page contains erotic literature. If you are under the age of 18, please exit this page immediately.

 

Na Loftus Marais en Johann de Lange
Met hulde aan Carol Ann Duffy

I

Met Windolene in my linkerhand
en Mark Doty in my regterhand
(verskoon die rymdwang, liewe leser)
betree ek die “tearoom trade” verby ‘n piskruip,
slang-kondoom, ‘n loergat in die deur,
gewaar, so waar as vet, twee figure pielspelend.
(Die lengte, dekorum-ontwil, laat ons onvermeld.)
Snakkend na asem (die stank, jy sien)
word ek ‘n Michel Foucault en Roland Barthes,
‘n derde piel aan die wa, vermom met geplukte pruik.

II

Nou is dit die uur van afrekening:
Wie is wat en wie is waar?
Deur wie se digterlike venster skyn
die helderste sonlig soos ‘n refrein?
Wie cruise vir wie?
Skoenmaker hou jou by jou lees!
Van ammoniak en pis en stank
(nes piel en bal en tril) wis jy snatermin.
Die voël is slang word pishoring.
In die toilet van die blindes is eenoog koning.

III

Hoe ry die boere sit-sit so, sit-sit so
om die oorbekroonde, veelbesonge fal-
lus wat vir die vales amok maak
en nou sy lê kom kry in dié kamertjie
sonder ‘n toiletrol, met ‘n bril gebreek
(alle lesers is hier bysiende) en bestryk:
‘n vers is beslis méér as stinkende uitskot,
‘n toevallige, anonieme ontmoeting.
Dis begeerte én nyd, ‘n woedende woordestryd.