Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Die wenwyne van SA se unieke verkoopspunt


2009-09-02

Die aanvraag na Suid-Afrika se Pinotage wyne groei steeds internasionaal weens die kombinasie van gehalte en die unieke verkoopspunt dat dit ons tuisgekweekte rooiwynkultivar is. In 2008 was Pinotage Suid-Afrika se derde grootste uitvoere van verpakte natuurlike rooiwyn, na 112 verskillende lande.

Die ikone van die Kaapse wynland se Pinotage wyne is die jaarlikse wenners van die Absa Top 10 Pinotage Kompetisie en daardie wyne is ook altyd top verkopers. Die 2009 uitslae is op 27 Augustus aangekondig en vyf van die wenwyne kom van ervare Pinotage meesters en vyf is eerste keer wenners.

Kanonkop het sy agste Top 10 Pinotage wyn ingeskryf en Beyerskloof sy vyfde, terwyl KWV (Cathedral Cellar), Longridge en Windmeul elke hul tweede Top 10 wenner opgelewer het. Die nuwe Pinotage meesters op die toneel is Altydgedacht, Flagstone, Lyngrove, Onyx en Viljoensdrift.

Kanonkop het nou die meeste Top 10 wenners sedert die eerste kompetisie in 1997, en Beyerskloof die vierde meeste.

Die 2009 Absa Top 10 Pinotage wyne (in alfabetiese volgorde):  Altydgedacht Pinotage 2008 (Durbanville), Beyerskloof Diesel Pinotage 2007 ( Stellenbosch), Cathedral Cellar Pinotage 2006 (Kusstreek), Flagstone Writer’s Block Pinotage 2007 (Worcester wingerde), Kanonkop Pinotage 2005 (Simonsberg- Stellenbosch), Longridge Pinotage 2007 ( Stellenbosch), Lyngrove Platinum Pinotage 2007 ( Stellenbosch), Onyx Pinotage 2006 (Darling), Viljoensdrift River Grandeur 2008 (Robertson) en Windmeul Reserve Pinotage 2008 (Paarl).

Die 139 inskrywings vir vanjaar is die tweede meeste na die rekord inskrywings van 148 in die 2007 kompetisie. Dit verteenwoordig ‘n groei van 190% in die aantal inskrywings sedert die kompetisie in 1997 begin is. Na verlede jaar se inskrywing uit Kalifornië was daar vanjaar drie inskrywings uit Nieu-Zeeland, wat toon dat die kompetisie ook begin om internasionale deelnemers te lok.

Vier van vanjaar se Top 10 Pinotage wyne is van die 2007 oesjaar, drie van die 2008 oesjaar, twee van die 2006 oesjaar en een van die 2005 oesjaar, terwyl agt van vanjaar se naaswenners ook van die 2007 oesjaar is. Hierdie uitslae bewys dat Pinotage wyne binne een of twee jaar in die bottel kan styg tot hoogste gehalte, terwyl dit ook verder kan verouder en ‘n piek bereik na vier of vyf jaar. By die jaarlikse Pinotage Oesjaar Proe in 2007 het die kenners voorspel dat daardie oesjaar uitstekende wyne gaan oplewer en dit het werklik gebeur.

Stellenbosch het weer eens sy naam gestand gedoen as ‘n prima terrein vir Pinotage deur vier van vanjaar se Top 10 wenners op te lewer, terwyl die res wyne van oorsprong is van die Kusstreek, Darling, Durbanville, Paarl, Robertson en Worcester (hoewel Flagstone in Stellenbosch gebaseer is, kom die druiwe van wingerde in Worcester).

Hierdie was die dertiende Absa Top 10 Pinotage Kompetisie en die borgskap het ook drasties gegroei in hierdie tyd. Benewens die borgskapgeld, speel Absa ook ‘n groot rol in die blootstelling van Suid-Afrika se unieke rooiwyn aan plaaslike en internasionale kliënte.

“Ons het gesien hoe die standaard en gehalte van Pinotage wyne drasties verhoog het in die afgelope jare. Die aanvanklike doel van ons betrokkenheid by die Absa Top 10 Pinotage Kompetisie was om wynmakers te help om die gehalte van hul wyne te verhoog en die hoogste teiken te skep waarna gestreef moet word. Wyne wat nou vir die Top 10 gekeur word dien as hoogtemerke in die bedryf. Die gehalte van die wyne is deesdae op so ‘n vlak dat selfs die Top 20 nou as ‘n besonderse prestasie beskou word,” sê James Slabbert, uitvoerende hoof: Absa Korporatiewe en Besigheidsbank.

Die beoordelaars vir die 2009 Absa Top 10 Pinotage Kompetisie was Duimpie Bayly (sameroeper), Francois Naudé, Allan Cheesman, Neil Pendock, Wendy Burridge, Chris Roux en Gert Boerssen.

Die tien naaswenners uit die twintig finaliste (in alfabetiese volgorde): Cathedral Cellar Pinotage 2007, DeWaal Top of the Hill Pinotage 2007, Diemersfontein Carpe Diem Pinotage 2007, Fort Simon Pinotage 2006, Kanonkop Pinotage 2006, Lesebo Pinotage 2007, Simonsig Redhill Pinotage 2007, Stellenzicht Cellarmaster's Release Pinotage 2007, The Bernard Series Bush Vine Pinotage 2007 en Wildekrans Barrel Selection Pinotage 2007.

Spesiale verpakkings van die 2009 Absa Top 10 Pinotage wyne is binnekort te koop dmv die Wine-of-the-Month-Club. Tel. 021-6578100. E-pos: wineclub@wineofthemonth.co.za .

Vir meer inligting oor Pinotage en die Pinotage Assosiasie, besoek die webwerf www.pinotage.co.za .