Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Skaars Zonnebloem magnums – Die perfekte geskenk vir die man wat reeds als het


2009-09-02

Zonnebloem het pas twee spesiaal uitgesoekte, optimaal verouderde 2002 rooiwyne wat in ekstra groot magnums beskikbaar is, vrygestel – die ideale geskenk om die man in jou lewe mee te betower dié feesgety.

Dié 2002 magnum oesjare van Zonnebloem se Merlot en Shiraz, wat slegs eksklusief by Spar beskikbaar is, sal beslis jou tafelgenote by enige feestelike geleentheid in vervoering hê.

Zonnebloem, een van Suid-Afrika se eerste vername wynhandelsmerke, is steeds bekend vir hul volronde rooiwyne wat die toets van tyd deurstaan. Hierdie twee wyne wat na hul aanvanklike vrystelling sorgvuldig onder perfekte omstandighede verouder is, is geen uitsondering nie en is nou in 1,5 liter magnums beskikbaar.

Zonnebloem Merlot 2002 is propvol opvallende vrugte-aromas met aanloklike sweempies van viooltjies, kersies en sjokolade op die neus, terwyl die smaak behaag met hope vrugtegeure aangevul deur 'n tikkie eikehout speserygeure.

Zonnebloem Shiraz 2002 is 'n medium vol wyn wat oorloop van pruim- en bessiegeure op die neus, terwyl die smaak ryk is aan gedroogte vrugtegeure en speserye met ondertone van hout en vanielje in die agtergrond.

Die geskiedenis van Zonnebloem, een van Suid-Afrika se eerste vername wynhandelsmerke, dateer terug uit die vroeë agtiende eeu. Vandag word hierdie tydlose tradisie steeds voortgesit van die wingerde, wat reeds vir drie generasies deur dieselfde wingerdboere versorg word, tot by die noukeurige wynmaakpraktyke wat in die kelder gevolg word.

Dié sorgvuldigheid verseker ‘n reeks puik, handgemaakte wyne wat gepamperlang word totdat hul kwaliteit vervolmaak is voordat dit vrygestel word. Die volronde wyne is goed gestruktureer om die prominente verskeidenheid van karakters deur te gee, maar bly toeganklik met ‘n sagte palet.

Die Zonnebloem 2002 Merlot magnum en Zonnebloem 2002 Shiraz magnum is slegs by Spar-takke landwyd beskikbaar teen R119-95 per bottel.