Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Kom proe besonderse, skaars wyne by 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase


2009-08-20

KIKS, Donderdag, 20 Augustus 2009, 18h00

 

Proe uitmuntende wyne, ontmoet van Suid-Afrika se top wynmakers en maak ‘n aanbod op eksklusiewe versamelaarswyne tydens ‘n Stille Veiling by die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Showcase wat plaasvind op Donderdag, 20 Augustus by die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS).

Die bekende jazz-groep Breakfast Included sal jou hart se snare tokkel terwyl jy die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde wyne, so wel as keldertrotswyne van lede van die Gilde proe. Maak  dan ‘n aanbod tydens die Stille Veiling op skaars, eksklusiewe wyne van vorige Gilde Veilings, geteken deur die wynmaker self. Hierdie besonderse wyne wat anders onbekombaar is, sluit ‘n Boekenhoutskloof CWG Syrah 2005 en ‘n Overgaauw CWG Cape Vintage Reserve 1998 in, wyne wat slegs in ‘n private wynversameling te vinde is.

Daar sal ook heerlike oesters, soesji en wraps te koop wees by die Showcase om te verseker dat wynentusiaste die aand behoorlik kan geniet.

Die wyne wat alleenlik verkry kan word tydens die Gilde se Veiling in Oktober, word puntenerig gekies deur die lede van die Gilde tydens ‘n blinde proe en slegs wyne wat tegniese uitnemendheid en uitstekende verouderingspotensiaal vertoon, word gekeur. Hierdie deurdagte proses verseker dat elke wyn wat met die Kaapse Wynmakersgilde etiket pronk, waarlik ‘n wyn van uitmuntende kwaliteit is.

Die Stille Veiling vind plaas ten bate van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust. Die Trust wat gestig is in 1999, help met die opleiding en bemagtiging van jongmense afkomstig van voorheen benadeelde gemeenskappe in die wynbedryf en sluit die Gilde se Protégé-program in wat jong, toekomstige wynmakers ondersteun.

Die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling vind plaas op Saterdag, 3 Oktober om 09h00 by die Spier Konferensiesentrum in die Stellenbosch Wynland. Die Veiling is oop aan die publiek en voornemende kopers wat nie die veiling op die dag kan bywoon nie, kan vooruit by die Gilde registreer en gebruik maak van hulle telefoniese en gevolmagtigde biefasiliteite.

Die Kaapse Showcase begin om 18h00 – 21h00 op Donderdag, 20 Augustus by die KIKS. Die Johannesburg Showcase sal plaasvind op Donderdag, 27 Augustus by Die Atrium in Sandton. Kaartjies beloop teen R100 per persoon en sluit ‘n proeglas in. Vir bespreekings en meer inligting, skakel 021 852 0408, stuur ‘n e-pos aan bookings@capewinemakersguild.com of besoek www.capewinemakersguild.com. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by die deur.

2009 Stille Veiling Wyne:


Wynkelder

Wynmaker

Wyn

Ataraxia

Kevin Grant

Ataraxia Serenity 2006

Beyerskloof

Beyers Truter

Beyerskloof CWG Cape Blend 2006

Boekenhoutskloof

Marc Kent

CWG Syrah 2005

Boplaas

Carel Nel

CWG Boplaas Port 2003

Boschkloof

Jacques  Borman

Syrah 2005

Bouchard Finlayson

Peter Finlayson

CWG 2005

Cape Point Vineyards

Duncan Savage

Semillon 2007

Cederberg Cellar

David Niewoudt

CWG Shiraz 2005

Chris Keet Wines

Christopher Keet

Cordoba Crescendo 1998

De Grendel

Charles Hopkins

CWG Koetshuis Semillon 2007

De Trafford

David Trafford

Perspective 2004

Edgebaston

David Finlayson

Shiraz 2005

Ernie Els Wines

Louis Strydom

CWG Engelbrecht Els 2006

Flagstone

Bruce  Jack

CWG Love Handles 2004

Graham Beck

Pieter Ferreira

CWG Shiraz/Viognier 2002

Grangehurst

Jeremy Walker

CWG Cabernet Sauvignon 1999

Hartenberg

Carl Schultz

CWG Gravel Hill Shiraz 2000

Hidden Valley

Louis Nel

CWG Lands End Sauvignon Blanc 2008

Jordan Winery

Gary Jordan

CWG Chardonnay 2007

Kaapzicht

Danie Steytler

CWG Cape Blend 2006

Kanonkop

Abrie Beeslaar

Pinotage 2006

Le Riche Wines

Etienne Le Riche

Cabernet Sauvignon 2004

Luddite

Niels Verburg

CWG Dos Años Shiraz 2004

Neil Ellis Wines

Niels Ellis

CWG Auction Reserve 2005

Nitida

Bernhard Veller

CWG Decorous Sauvignon Blanc 2008

Overgaauw

Braam Van Velden

CWG Cape Vintage Reserve 1998

Saronsberg

Dewaldt Heyns

CWG Shiraz Viognier 2006

Simonsig

Johan Malan

CWG Shiraz 2003

Steenberg

John Loubser

Catharina 2006

Teddy Hall Wines

Teddy Hall

CWG Chenin Blanc 2007

The Company of Wine P.

Nicky Versfeld

Kumkani Shiraz Viognier 2006

Villiera

Jeff Grier

CWG Terre Rouge 2005

Vriesenhof Vineyards

Jan Coetzee

Kallista 2003

Waterford Wines

Kevin Arnold

CWG Auction Reserve