Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

2009 Sauvignon Blanc lui vars nuwe voorkoms vir Bergkelder Selection in


2009-08-05

Fleur du Cap stel  sy hele Bergkelder Selection reeks van nuuts af bekend met 'n sjiek nuwe, kontemporêre voorkoms wat die oorsprong van die wyn in die ryk biodiversiteit van die Kaapse Blommekoninkryk weerspieël. Fleur du Cap Sauvignon Blanc 2009 is die eerste wyn wat met hierdie nuwe, meer vroulike voorkoms op die winkelrakke sal pronk.

Die 2009 oesjaar van Fleur du Cap se immergewilde Sauvignon Blanc loop oor van bossieveldgeure en soet groenrissie op die neus wat eindig met vlagies van ryk spanspek en papaja, terwyl die smaak 'n vars suurgehalte het wat tropiese vrugtegeure perfek aanvul.

Pieter Badenhorst, wynmaker van Fleur du Cap witwyne, stel voor dat jy die mediumvol Fleur du Cap Sauvignon Blanc 2009 saam met soesji, vars groen slaaie of pluimveedisse geniet.

Fleur du Cap wyne word gevorm deur die gulheid van die natuur en die ryk biodiversiteit van die Kaapse Blommekoninkryk om die oorvloedige dog subtiele geure van hierdie waarlik besonderse terroir te weerspieël. Al die wingerde waarvan Fleur du Cap wyne gemaak word is geleë binne die Kaapse Blommekoninkryk, die kleinste, dog kosbaarste van slegs ses sulke plantkoninkryke in die wêreld. Om hierdie unieke natuurlike bewaringsgebied te bewaar is in die aard van Fleur du Cap se druifprodusente. Hulle volg nougeset die streng Integrated Production of Wine (IPW) riglyne, die wynbedryf se handleiding vir volhoubare boerdery om sodoende te verseker dat die wingerde floreer terwyl die oorspronklike omgewing rondom hulle beskerm word.

Fleur du Cap Sauvignon Blanc 2009 is teen ongeveer R40 per bottel beskikbaar by voorste wynhandelaars landwyd.