Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > Kennisgewings | Notices

Breakfast Included sorg vir strelende klanke by Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase


2009-07-29

KIKS, Donderdag, 20 Augustus 2009, 18h00

Gee jouself oor aan skaars, besonderse wyne terwyl Breakfast Included jou hart se Jazz-snare tokkel by die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling Showcase op Donderdag, 20 Augustus by die Kaapse Internasionale Konferensiesentrum (KIKS). Wynliefhebbers kan uitmuntende wyne proe tydens ‘n informele proe-sessie by die Showcase sowel as blad skud met van die beste wynmakers in die land wat lede van die Gilde is.

Die informele wynproe sluit wyne in wat deur lede van die Gilde geproduseer is slegs vir die 2009 Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Veiling op 3 Oktober by die Spier konferensie-sentrum, asook wyne van vorige CWG veilings en keldertrotswyne. Daar sal ook heerlike versnaperings soos oesters, soesji en wraps te koop wees tydens die Showcase.

Vir wynliefhebbers wat weet hoe om ‘n goeie wyn te koester, sal daar ‘n Stille Veiling gedurende die showcase plaasvind waartydens wynetusiaste die geleentheid gegun sal word om ‘n aanbod te maak op skaars wyne van vorige CWG Veilings, onderteken deur die wynmaker. Hierdie besonderse wyne word eksklusief vir die Gilde Veiling gemaak en word beskou as ‘n glansende versamelaarsitem. Die Stille Veiling sal plaasvind ten bate van die Nedbank Kaapse Wynmakersgilde Ontwikkelingstrust wat help met die opleiding, skoling en bemagtiging van jongmense afkomstig van voorheen benadeelde gemeenskappe in die wynbedryf.

Die Kaapse Showcase begin om 18h00 – 21h00 op Donderdag, 20 Augustus by die KIKS. Die Johannesburg Showcase sal plaasvind op Donderdag, 27 Augustus by Die Atrium in Sandton. Kaartjies beloop teen R100 per persoon en sluit ‘n proeglas in. Vir bespreekings, skakel 021 852 0408, e-pos: bookings@capewinemakersguild.com of besoek www.capewinemakersguild.com. Kaartjies sal ook beskikbaar wees by die deur.