Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Klassieke Chameleon - landwye toer in September


2009-07-28

Chris Chameleon toer vanaf 6 - 19 September landwyd met sy skouspelagtige produksie Klassieke Chameleon. Die toer behels optredes in Kaapstad, Johannesburg, Pretoria, Durban, Secunda en Bloemfontein.

Klassieke Chameleon is by Nasionale Kunstefeeste in 2007, sowel as by KKNK 2008 met staande ovasies toegejuig. Chris word in hierdie kleurryke vertoning deur `n span uitstekende musikante op tjello, viool, fluit, klavier, kitaar en met perkussie begelei.

Chris sing klassieke verwerkings van sy eie liedjies onder andere "Eerste Oogopslag"; "Sterredank", "Die Onverkrygbare", "Bitterbessie Dagbreek" en "Saved". Chris lewer ook onvergeetlike weergawes van bekende liedjies soos "O Sole mio", "Here comes the night", "Sunrise Sunset" en die "Onse Vader."

Toerdatums:

6 September: Vodacom Amphitheatre, Boardwalk Casino, Port Elizabeth
9 + 10 September: Sand du Plessis Theatre, Bloemfontein (Bookings: 051 447 7772)
11 September: Woodlands Auditorium, NG Kerk, Morelettapark, Pretoria
12 September: Grand Arena, Grand West Casino, Cape Town
13 September:Graceland Arena, Graceland Casino, Secunda
18 September: uShaka Marine World, Dolphin Arena, Durban (Chris Chameleon Dolphin show as part of Klassieke Chameleon)
19 September: Mosaiek Teatro, Roodepoort, Fairlands, Johannesburg.

Kaartjies by Computicket vir alle vertonings behalwe Bloemfontein. Sand du Plessis Teater hanteer alle besprekings vir hierdie vertoning self. / Groepe van 10 of meer mense kwalifiseer vir spesiale afslag, kontak Christa Coetzee hiervoor op 011 815 3000 of per epos: info@lefra.co.za.