Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Gay > Artikels | Features

Die Pienk Dossier # 2


Coenie Kukkuk - 2009-07-23

Die Pienk Dossier verskyn elke twee weke en word saamgestel deur Coenie Kukkuk, redakteur van Gayspeak.co.za. Ons gaan poog om soveel as moontlik te berig oor wat in die LGBTI (lesbiese, gay-, biseksuele, transseksuele en interseksuele) wêreld gebeur, hier in Suid-Afrika en elders. Bydraes is welkom en kan gestuur word aan coenie@gayspeak.co.za.

 1. La Diva tree op by Legends in Pretoria op Woensdag 29 Julie. Met hulle oorspronklike musiek, wat 'n gesofistikeerde mengsel is van volwasse kontemporêre popmusiek en 'n stewige dosis jazz, is hulle 'n vars bries in 'n musieklandskap waar dit haas onmoontlik geraak het om een groep van 'n ander te onderskei. Hulle musiek is 100 persent oorspronklik, en ewe gemaklik in Afrikaans en Engels. Daar is nog nie so iets in Afrikaans nie, en ook die internasionale Engelse mark sal by hulle oorspronklike bydrae baat.

Die Divas bestaan uit Nelmarie Naudé as hoofsanger, Karmi Marais op klavier en agtergrondstemme, en Marlé Jacobsz op dromme, perkussie en agtergrondstemme. Hulle het mekaar in 2003 ontmoet waar hulle begin jazz studeer het aan Tshwane University of Technology se School of Music.

Toegang is slegs R50 en dit begin om 8.30 nm. Vir meer, sien hier

 

2. Oppikoppi is weer op ons – en moenie skree: “Ek kamp nie!” Daar is ʼn ander opsie – bly in die Kreef Hotel in relatiewe weelde in vergelyking met die plebs in die stof – as daar nog plek is ... en jy kry ontbyt. Na vier keer daar het ek nog niks oorgekom nie ... en verlede jaar boonop nog anti-Jon Qwelane-plakkate op ons tent geplak. Ons kan nie wag om te lees wat Katvrou hierdie jaar weer gaan berig oor die Dassiegatters en andere nie. Van die kunstenaars en bands wat gaan optree, is aKING, Andra, Fokofpolisiekar, Koos Kombuis, The Parlotones, Zebra & Giraffe en nog so 70 (!) ander.

 

Die tema van vanjaar se groot fees is Smoorverlief. Dis 7–9 Augustus en jy kan die Kreef Hotel hier opspoor. Die foto van Die Sakpyporkes hierby is deur Anzelle Robertson.

 

3. Die Reformerende Kerk van Pretoria se jaarlikse basaar/kermis vind plaas op 1 Augustus by die Skuilkrans Silverton Gemeente, op die hoek van President en 146 De Boulevard, Silverton, Pretoria. Sien die kaart hierby aangeheg of gaan na die Facebook-geleentheid hier. Hulle beloof ʼn “fantasmagoriese dag van vermaak en goeie geselskap met heerlike kos”. Boonop is hulle dominee baie gaaf.

 

 

4. Die gaygemeenskap wêreldwyd kan maar net nie besluit of hulle van Sacha Baron Cohen se nuwe fliek Brüno hou of nie. Die een groep lag hulle slap, terwyl die ander meen dit vererger stereotipering. Die nuutste is dat die Oekraïne se ministerie van kultuur die fliek verban het. Volgens dié slimkoppe bevat dit "artistically unjustified exhibition of sexual organs and sexual relations, homosexual acts in a blatantly graphic form, obscene language, sadism [and] anti-social behaviour which could damage the moral upbringing of our citizens". Nouja toe. Lees meer daaroor op Mambaonline.com.

 

 

5. Baie welkom aan Cobus Fourie, een van die stigterslede van SA GLAAD (South African Gay and Lesbian Association Against Defamation), op LitNet. Cobus-hulle doen baie goeie (en dikwels ondankbare) werk in die gemeenskap – en dis juis die week wat die eerste herdenking is van SA GLAAD se ontstaan. Dié organisasie is gebore uit die ongekende protes wat die gaygemeenskap landwyd aangeteken het teen Jon Qwelane se artikel in die Sunday Sun, waarin hy gay mense by implikasie met diere vergelyk het. Ons sien uit na meer artikels van Cobus. SA GLAAD kan gekontak word by christina.saglaad@gmail.com.

6. Die heer Qwelane sal hom wat verbeel dat hy nou wéér genoem word – maar dit is nodig: ons geliefde Menseregtekommissie het uiteindelik as volg geantwoord na vele versoeke van SA GLAAD en andere oor die beloofde vervolging van Qwelane: “ There have been some internal challenges and staff movements that have impacted on the progress in the matter, amongst others being that our in-house counsel who was briefed in the matter had resigned during May 2009. Thus, despite the considerable in-house research that was undertaken in the matter and the few legal issues which emerged as a result regarding the nature of the application that the Commission should be bringing against Mr Qwelane, this matter has taken longer than expected. As a result, the Commission is now in the process of identifying and seeking services of external counsel to assist with the matter on a pro bono basis.” (Lees die res hier).

Blah, blah, blah. Ek eet nog my reënboog-cowboyhoed as daar iets gaan gebeur in hierdie aangeleentheid ...

 

 

7. Ouer gays kry nie baie die geleentheid om voorkeur te kry nie – maar hier is nou een: op Dinsdae en Donderdae is daar “T&T Nights” by 96 Degrees in Fourways, langs Risque (hoek van Main en Witkoppen) in Johannesburg. Musiek uit die 70’s, 80’s en 90’s word gespeel en geen dans word toegelaat nie. Die idee is vir ouer gays om gesellig saam met vriende te verkeer. Die organiseerder, Dirck, kan gekontak word op 084 555 5252. Daar is ook ʼn klein spyskaart beskikbaar.

 

8. ʼn Nuwe gay-radioprogram het die lig gesien op Radio Today na die ontydige heengaan van Mixael de Kock se uitstekende Bravo Brava. Die nuwe program heet Outspoken en word aangebied deur die Afrikaanse Du Preez en die Zimbabwiese Frank Malaba. Daar kan na die potgooi geluister word op http://radiotoday.podomatic.com/, of lewend op Maandagaande om 8 nm op 1485 AM of DStv Audio-kanaal 169 landswyd. Die uitsending op 20 Julie het gehandel oor Mnr Gay Suid-Afrika, lesbiese pare op die platteland, Nelson Mandela as gay-ikoon en nog meer. Luister daarna hier.  

9. Hier is nou “cruising” van die letterlike aard: die jaarlikse gay- en gay-friendly bootvaart op die MSC Sinfonia (dis regtig die naam!) vind plaas vanaf 23 tot 27 November vanjaar. Daar is ʼn baie spesiale aanbieding as jy bespreek deur Rainbow Cruises voor 31 Julie – kyk hier vir detail of kontak Leon Nel by leonnel@tiscali.co.za. Die groot bonus is natuurlik dat jy gaan vaar saam met die finaliste, beoordelaars en borge van Mnr Gay Suid-Afrika! Ons kan ook bekend maak dat Melt Myburgh van LitNet as beoordelaar gaan optree by die Kaapse streeksuitdunne op 15 Augustus by The Glen in Kaapstad ... Vir meer inligting daaroor, loer hier.

 10. Iets om oor na te dink: 365gay.com berig dat ʼn gayregte-groep van San Diego ʼn massa-soenery beplan by die San Diego Mormoonse Tempel om te protesteer teen die sitasie van ʼn gay paartjie vir betreding nadat hulle op die kerkgronde gesoen het (lees hier). Kan ons nie ʼn bietjie gaan soen by oom Angus se nuutste vrouesaamtrek nie? Om te protesteer omrede hy nie ʼn gay-saamtrek hou nie?

Die Pienk Dossier verskyn elke twee weke. Bydraes kan gestuur word aan coenie@gayspeak.co.za vir oorweging.