Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Leefstyl | Lifestyle > Kos & Wyn | Food & Wine > LitNet Virtuele Wyngemeenskap > Wynnuus

Unieke ‘Ontmoet die Wynmaker’ Aand op Vrydag, 24 Julie om 19h00


2009-07-16

Wees eerste om die nuwe Waterkloof Kelder te ervaar tydens die Stellenbosch Wynweek

Die Helderberg se jongste wynjuweel, Waterkloof, vier die afskop van die jaarlikse Stellenbosch Wynweek met ‘n eksklusiewe ‘Ontmoet die Wynmaker’ Aand by hulle splinternuwe kelder, hoog geleë aan die hange van die Schapenberg, op Vrydag, 24 Julie om 19h00.

Wyn-entoesiaste staan die unieke kans om van die heel eerste kuiergaste van hierdie nuwe gravitasiekelder te wees en sal ook by Waterkloof se wynmaker, Werner Engelbrecht, aansluit vir sy eerste publieke wynproe van sy jongste Europese-styl wyne, insluitende dies wat spruit uit die kelder se eerste oes vroeër vanjaar.

Elk van die wyne sal gepaar word met ‘n organise fynproewershappie en bedien word in Waterkloof se sjiek, nuwe proelokaal in die kelder – alles tot jou genot met ‘n asemrowende uitsig oor Valsbaai.

Dié stylvolle wynaand is een van vele attraksies om kleur te verleen aan die Stellenbosch Wynroetes gedurende die spesiale ‘Wynweek’ voor die jaarlikse Stellenbosch Wynfees – wat vanjaar plaasvind vanaf 30 Julie tot 2 Augustus by die Paul Roos Sentrum in Stellenbosch.

 Asof die aanbod van meer as 500 verskillende wyne onder een dak nie aanloklik genoeg is nie, versprei die  Stellenbosch Wynfees vanjaar sy Wynland-gasvryheid nog verder met sy voorafgaande ‘Wynweek’ wat besoekers uit alle oorde na Suid-Afrika se oudste en gewildste wynroete sal lok vanaf 24 tot 31 Julie. Dié week-lange makietie bied ‘n kleurryke reënboog van familie-vriendelike aktiwiteite insluitende opwindende dagtoere, spesiale restaurant aanbiedinge, eksklusiewe wynmakersetes en onkonvensionele wynproeë, alles saamgevat in ‘n vet vaatjie vol pret.

Kaartjies vir die ‘Ontmoet die Wynmaker’ Aand by Waterkloof kos R150 per persoon en sitplek is beperk. Besprekings is noodsaaklik. Kontak Waterkloof by sel: 083 2316936 of skakel vir Sonja by sel: 084 548 7170 of Anneke by sel: 083 443 2829.

 Kaartjies vir die Stellenbosch Wynfees is beskikbaar by Computicket en wissel vanaf R100 tot R300 per persoon. Vir ‘n volledige Wynweek Program en meer inligting oor die Stellenbosch Wynfees skakel tel: 021 886 4310 of besoek www.wineroute.co.za.