Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Nuwe skryfwerk | New writing > Fiksie | Fiction > Afrikaans > Ongepubliseerde skrywers

Vrou en man - twee mense alleen


WB Nel - 2009-07-16

“Jy lyk hoeka soos ‘n onbevoegde prostituut …” So weerklink bitter woorde in haar geheue. ‘n Vrou begin mos glo, as onbenullighede lank genoeg in haar kop gehamer word.

Hulle bekyk mekaar so op en af. Kan nie eers onthou hoe hierdie vars fight begin het nie. Nog swaarder om te onthou hoekom dit die moeite werd is. Maar ‘n roetine is ‘n roetine en dit wil volhou wees …

"Jou beurt …” Sy spoel haar hart uit, vloek en skel en stoei om te verstaan. “Nou kan jy maar praat …”

Hy duck en hy dive en dan kom hy terug met daai verbale opstopper of twee … Hy weet presies wat om te sê.

Hulle bekyk mekaar so af en op. Lelike gevoelens het hier kom rus, hier in hul boesem. Alles te midde van groter issues. “Daar is ‘n blerrie financial crisis aan die gang, wat verwag jy van my?” Al die explanations rol so van haar rug af. Hierdie hoermeid wil mos net nie sy kant van die saak in sien nie. Staan en wys net daai wysvinger. Staan en kyk hom net aan met ‘n paar leĐ‘ oĐ‘ in ‘n leĐ‘ kop. “Natuurlik het ek jou lief … so voertsek net en los my uit …” Hy bedoel dit met alle teerheid.

Hulle bekyk mekaar so van links tot regs. Regs tot links. Die dwang dikteer dat ‘n mens alles in jou vermoĐ‘ doen om te verhoed dat jy alleen opeindig. Dus vreet jy maar jou soulmate se nonsies. Hy kan maar doen net wat hy wil, hoeveel keer hy wil, wanneer hy wil. Jaar op jaar, en jy gaan altyd lekker versadig wees van al die drama en al die minagting. “Jy het nie ‘n blou sent vir die huis nie, maar kyk hoe lekker ryk lyk jy … Kyk hoe fancy lyk jy … Kyk hoe sien jy om na jouself … Dis sure as hell nie vir my wat jy so opdollie nie … Waar kry jy die geld?” Sy het haar als geoffer vir dié man in secret socks. So ‘n mens is mos ‘n goeie motivering om alleen te wees. Een rede uit ‘n miljoen om hom op sy weg te stuur, met ‘n koebaai en nice to know you. “At least slaan hy my nie,” dink sy met ‘n vol kop. Net so ‘n sekonde voor die barshou op die ken, op die keel, op die borskas, in die maag … Nog steeds bedoel hy dit met die innigste meegevoel.

Die ICU se ou mure was gevlek. Hier lê sy toe, ‘n gekraakte porseleinpop in die duisternis. Sy het rêrig seergekry, betyds brieke geslaan op die nippertjie van ‘n ewigheid ... Salig onbewus van die ou wat nou so sagkens haar hand streel. Bewonder hy dalk sy handewerk? Is ware berou aanwesig? Miskien tel sy warm trane ook vir iets … "Ek weet nie wat om te sê nie.” Hoe verduidelik ‘n mens tog anyway sulke swakhede van die vlees? Sy vuiste, pimpel en pers.

Nou is sy is moeg van slaap. Dis tyd om wakker te word en sy gehoorsaam haar stukkende liggaam. Haar oĐ‘ gaan oop en hulle is vol … Daar is verdriet en herinneringe van elke dag wat nog ooit verby gegaan het. Sit regop en wonder. Hoe lank was sy weg? Sy druk ‘n bloedrooi knoppie en die antwoord kom - drie dae. ‘n Bietjie deurmekaar.

“Jy is gelukkig om nog te lewe,” laat weet die verpleegster.

“Ja, at least lewe ek nog.”

Sy is nie bereid om ‘n klag te lê nie. (Die polisie doen tog anyways niks nie.) Die swelling sal wel sak. Daai vuismerke sal verdwyn en dan sal net die gedagte daarvan oorbly. Tog nie nodig om hom so verder te straf nie. Hy het mos seker genoeg verwyt in sy derms. “Ek sal hom self hanteer, moes dit al jare gelede gedoen het … ”

Terug by die scene of the crime … Hierdie huis, waar soveel angs en swaar woorde opgemeng is. Sy sukkel om reg te loop. Staan mank, gestut deur die ou wat verantwoordelik is. (Twee mense alleen.) Daar is baie werk om te doen. Hierdie keer gaan alles anders wees. Definitief ‘n vasbeslotenheid hier te vinde, die positiewe voornemens dreig om oor te loop. Hulle sal weer probeer. (Twee mense alleen.)

“Jy is nog net soos jy altyd was, net ‘n simpel hoer, finish en klaar!” Die ceasefire is seker verby. Vinniger as wat dit begin het. Sy was bereid om hom ‘n laaste kans te gun. Daai woorde was amper die laaste …

Dié vrou se jare word weerspieël in haar sagte en taai vel. Dit lyk asof sy nog nooit jonk was nie, sommer so oud en broos in die wêreld gekom. Sy moes self leer stap deur die vuur. Alleen het sy gesoek na haar eie doelwitte. Sy het dwelms aanbid, mans aanbid. Sy het mislukking aanbid, pyn aanbid. Die foute was te veel om te tel, so sy het hulle nie getel nie. Elke dag was ‘n aanpassing. Niemand was bevoorreg genoeg om haar te leer ken nie, haar eie self. Sy het ook nie juis die tyd en moeite gevat om ander te leer ken nie. Net nog ‘n vrou, dieselfde as al die ander. So tussen die “tik” deur en met alle wonde in ag genome, het sy besluit om te fokus op een ou. Sy het haar lewe verander. Sy het bietjie en bietjie ‘n nuwe mens geword. Harde konsentrasie en nou was haar bestaan anders … Soet en swartgallig. Alles vir hom.

Dié jong man kon seker net nie waardeer wat sy vir hom gedoen het nie. Haar verlede was ’n te bitter pil. Miskien het hy net nie geweet hoe om te vergewe nie. Elke kans wat hy gekry het, is gebruik om haar te verneder. Tot nou toe het hy nog net gepraat. Toe kry hy mos guts iewers en besluit om te slaan. Daar is geen verskonings vir sulke gedrag nie en hy weet dit. Skuldgevoelens, in spite of himself …

“Ek skaam my vrek vir jou.”

Daar is altyd oomblikke, kort maar volmaak, wanneer twee mense mekaar rêrig verstaan. Partykeer gebeur dit sonder dat ‘n mens eens weet. Hierdie vrou en hierdie man het so min van daai oomblikke ervaar. Een of twee, hier en daar …

Oomblik Een : ‘n Glimlag, spontaan op albei gesigte, op dieselfde tyd … Dit was ‘n donderweerdag. Lekker vaal en depressief, terwyl die hemele geblaf en tekere gegaan het. Dalk het daai onskuldige druppels hulle ontwapen. Ja, die vrou en die man was stil, oogkontak gemaak en mekaar aanvaar … Net vir ‘n sekonde …

Oomblik Twee : Daai Donderdagaand toe die sterre so astrant rondgedans het. Die twee het op die groot merry-go-round gery by die skou. Stemme en geluide het die stilte onderdruk, maar tog was hulle alleen. In daai verkrampte karretjie was hulle stil en alleen in hierdie hele wêreld. Hande gehou en mekaar aanvaar … Net nog ‘n sekonde …

Dis al waaraan sy kon vasklou. Daar is menslikheid in hom. Hy is beslis nie ‘n onverklaarbare monster nie. Ja, sy was ook lief vir hierdie walglike, trotse man. Hulle is vir ewig verbind tot mekaar, al kom die hel ook self aarde toe.

“Dame, kan jy my hoor?” brom die speurder met die moeĐ‘ gesig. Sy skud haarself tydelik los uit die net van ‘n horde gedagtes. “Wat het hier gebeur?”

Sy moet verduidelik, maar daar is so baie dinge om te sê. Hoe som ‘n mens so ‘n komplekse situasie in 25 woorde of minder op? Hoe gee ‘n mens insig? Hoe kan hierdie vreemdeling ooit verstaan? Sy dink en dink, maar geen woorde wil uitkom nie.

“Ons sal hierdie gesprek by die stasie moet voltooi.” Geniepsige boeie voel koud op die vel, terwyl bloedvlekke hierdie huis so mooi versier. Hoe moet sy verduidelik wat hier gebeur het?

“Ek kan nie sonder hom klaarkom nie.” Hy is in 1978 gebore. Daai vergete jare toe die Bee Gees en Richard-Jon Smith nog gewoel en ge-entertain het. Percy Sledge se "When a man loves a woman …" Onvergeetlike dae en duistere nagte. Hy was mooi en hy het geskitter van al die potensiaal. Mislukking het hom egter gou genoeg begin breek. Kon nooit swot nie, kon nooit ‘n proper job kry nie, kon nooit suksesvol wees nie. “Ek ken hom so goed, ek verstaan wat hy deur moes maak. Ten spyte van ons verskille was ons altyd bedoel vir mekaar. Dis die waarheid. Hy het my hart so baie kere gebreek, maar ek het nooit my rug op hom gedraai nie. Ek sou sterf vir hom … Ek sal sterf vir hom … ” Die speurder kon sien hoe haar oĐ‘ blink van die rou emosie. (Eintlik worry hy nie; net nog ‘n tragedie vir die statistieke en die honger koerante.)

Justice is mos blind, sy sal betaal vir haar sondes.

Daai woorde was amper die laaste. “Ek is nie ‘n hoer nie. Vir wat praat jy so met my? Ek het alles gedoen vir jou, hoekom is jy so? Sê vandag vir my hoekom jy my haat?”

Hy staan daar en kook oor van borrelende woede. Sy linkerhand maak toe en word ‘n vuis. Sy sien die waarskuwing en dis al wat sy nodig het. Die vuil woorde uit sy mond is erg genoeg, maar hy sal haar nie weer een keer slaan nie. Die brein gaan automatically in daai survival mode in. Snaaks genoeg, sy het skaars daai oggend die broodmes geslyp. Die lewe se belaglike toevalle …

Sy het gesteek en gesny. Sy het hom oopgemaak. Toe lê hy net daar, in ‘n nuwe soort stilswye. Haal darem nog so stadig asem. Lewe nog, maar lewe skaars. Sy bewe, op ‘n warm dag toe die bloed orals gespat het. Hy sukkel ‘n bietjie en toe begin hy praat. Hy wil net vir oulaas een ding sê … die laaste woorde …

“Ek verstaan … Ma …”