Hierdie is die LitNet-argief (2006–2012)
Besoek die aktiewe LitNet-platform by www.litnet.co.za

This is the LitNet archive (2006–2012)
Visit the active LitNet platform at www.litnet.co.za


 
Vermaak | Entertainment > Musiek | Music > Optredes | Gigs

Laurinda Hofmeyr in Die Boer met Asof vir die eerste keer


2009-07-15

 

Laurinda Hofmeyr het geen bekendstelling nodig nie. Haar album Reis na die Suide (2008) is vir verskeie toekennings benoem, onder andere ‘n SAMA vir Beste Alternatiewe Album. Nou, in Asof vir die eerste keer, is sy terug in gestroopte gedaante. Gehore kan haar beleef sonder baskitaar en sonder tromme. Net sy, 'n klavier en natuurlik van die mooiste woorde in Afrikaans!

Hierdie vertoning bevat heelwat van haar bekende melodië wat deur ander sangers soos Laurika Rauch bekend gemaak is. Musiek van Laurinda se albums Perd oor die maan, Ligdag en Reis na die Suide word opnuut beleef (asof vir die eerste keer!) en afgewissel met ‘n paar splinternuwe verrassings. Sy toor musiek uit gedigte - van Boerneef tot Breytenbach. Hierdie solovertoning ontbloot die essensie van Laurinda met elke noot en elke woord eenvoudig, blootgelê.

 

Datum: 22 Julie

Deure oop: 18:00

Kosbestellings voor: 19:00

Vertoning: 20:00

Kaartjies: R80

Bespreek: 021-9791911